• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Lente bring Liefde

Started by Ans Botha, September 30, 2013, 10:23:03 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

buite bot elke boompie
blomme vou oop in alle prag
vrugte bloeisels begin ontvou
voëltjies bye en vlinders versamel nektar

heerlike geure van roos en perske vermeng
in vars windjie kom geure na vore
grasperke begin groen tappyte vorm
groen boomtoppe staan regop in oggendson

voëlgesang deurdring elke tuin
krieke verwelkom lente met vreug
in plaasdam sing padda's hul awendkoor
onder koedoe se geblaf

donderweer vorm donker wolke
blitse deurklief die hemelruim
eerste druppels plas hard ongenaakbaar neer
eens droë stofbelaaide grond word benat

styf in mekaar se arms genestel
met hernude harte wat bons
op jeugdige ouderdom
bring lente liefde in hul lewens


Fransi


PM

Baie mooi, lente is mos die "nuwe lewe" seisoen.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Baie mooi.
:angel8: Ek huppel darem ook al amper na my winter :sleepy1:
elle

Rainier

Pragtige gedig! Hier in die Boland mis ons ons lente, ons is egter dankbaar vir die koel weer wat ons nou-nog het.

Ans Botha

Die jaar het ons in die Noordwes die lente oorgespring. Klaar somer met 'n Bang!!

PM

Ons ry more Limpopo toe vir 'n vinnige inspeksie.  Ek hoor dit is daar net so warm, die kraaie slaap al. 
Om te weet is om te verstaan.