• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM se bosluisslaai

Started by PM, March 30, 2011, 07:07:13 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 6 Guests are viewing this topic.

PM

PM se bosluisslaai

Rasper twee koppies wortels aan die fyn kant van die rasper.
Week ''n koppie rosyntjies (pitloos) in ''n bietjie kookwater en voeg dit by as dit sag is.
Gooi 'n blikkie appelkose, fyn gedruk met 'n vurk (en die sous) daarin.
Rasper drie appels daarby.
Gooi genoeg appelsap by om dit goed nat te maak.
Dit is regtig heerlik en baie gesond.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hier is ek al lesende oor 'n gas se skouer weer, jou 1155ste besoeker. Kan nie glo dat hierdie ene ook verby ons geglip het nie. Dankie baie baie vir deel PM! Nog nooit so iets geproe of eers soortgelyke resep onder oge gehad nie.

PM

Resepte alla Petronella is gewoonlik snaakse goed.  (Lol)
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Klink heerlik.  Ek wonder wat sal ons dit noem as ek die 'bosluisies' uitlaat?  Ek eet nie 'vliegies' in kos nie, soos ek dit al kleintyd gedoop het!  Maar ek dink die wortel/appelkoos/appel kombinasie gaan steeds lekker wees.  Gaan dit  beslis probeer.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

PM

Dit sal sommer net 'n gewone wortelslaai word.   :icon_biggrin:   


Ek week gewoonlik die rosyntjies in brandewyn.  Dit gee net daai lekker bitter smaak. 
Om te weet is om te verstaan.