Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Slaaie => Topic started by: PM on March 30, 2011, 06:07:13 AM

Title: PM se bosluisslaai
Post by: PM on March 30, 2011, 06:07:13 AM
PM se bosluisslaai

Rasper twee koppies wortels aan die fyn kant van die rasper.
Week ‘’n koppie rosyntjies (pitloos) in ‘’n bietjie kookwater en voeg dit by as dit sag is.
Gooi 'n blikkie appelkose, fyn gedruk met 'n vurk (en die sous) daarin.
Rasper drie appels daarby.
Gooi genoeg appelsap by om dit goed nat te maak.
Dit is regtig heerlik en baie gesond.
Title: Re: PM se bosluisslaai
Post by: Meraai vannie Baai on May 23, 2018, 09:36:52 AM
Hier is ek al lesende oor 'n gas se skouer weer, jou 1155ste besoeker. Kan nie glo dat hierdie ene ook verby ons geglip het nie. Dankie baie baie vir deel PM! Nog nooit so iets geproe of eers soortgelyke resep onder oge gehad nie.
Title: Re: PM se bosluisslaai
Post by: PM on May 27, 2018, 12:32:23 PM
Resepte alla Petronella is gewoonlik snaakse goed.  (Lol)
Title: Re: PM se bosluisslaai
Post by: Anastasia on May 27, 2018, 04:26:12 PM
Klink heerlik.  Ek wonder wat sal ons dit noem as ek die 'bosluisies' uitlaat?  Ek eet nie 'vliegies' in kos nie, soos ek dit al kleintyd gedoop het!  Maar ek dink die wortel/appelkoos/appel kombinasie gaan steeds lekker wees.  Gaan dit  beslis probeer.
Title: Re: PM se bosluisslaai
Post by: PM on June 20, 2018, 07:14:23 AM
Dit sal sommer net 'n gewone wortelslaai word.   :icon_biggrin:   


Ek week gewoonlik die rosyntjies in brandewyn.  Dit gee net daai lekker bitter smaak.