ek het al gewonder, as mens alle mors op aarde vat en bymekaar gooi, hoe groot stad kan jy aan die gang hou. dink maar as elkeen 5 korrels suiker 5 keer 'n dag mors. petrol ingooi en daar mors 5 druppels. mense wat te veel kos inskep en die orige weg gooi. onnodig te vinnig wegtrek en onnodig petrol gebruik.
graan wat van lorries afwaai, water pype wat lek, masjiene wat sleg ingestel is en nie gediens word nei wat onnodig brnadstof gebruik, ligte en verwarmers en lug versorgers wat onnodig aan gesit en aan gelos word, te veel of onnodige kos wat mense eet, papier wat sommer weggeooi word, heng die lys gaan nie ophou nie. 10 druppels wyn of koeldrank wat agterbly in die bottel en stukkies seep wat weggeoi word, en buise room of tandpaste wat nie 100% leeg gemaak word nie of onnodig baie gebruik word.
selfoon laaiers wat nie uitgetrek word nie maar aangeskakel bly. 20 miljoen mense wat se laaiers onnodig aan bly en elkeen vat 1 watt = 20 miljoen watt deel deur 1000 = 20 000 kw. dis 'n klein kragstasie klink dit my? 20 megawatt as ek dit nei mis het nie?