6
Ons was nou by ons omdraai punt en kan weer nader aan die huis begin beweeg. Eers weer Chenturion toe om nog paar verfblikke op te laai en dan die pad slaan huistoe. Het Dinsdagoggend gehoop dat Donderdagaand hierdie tyd al op jan Kempdorp kan wees, maar toe het die Delmas vrag se bestelling ook deurgekom. Dis maar die lewe van ‘n lorriedrywer, weet nie waar jy vannad of môreaand slaap nie.
Het darm kwart oor 4 by die Spookhuis, of te wel Erasmuskasteel, verby gery. Toe ek in Pretoria skool gegaan het van 1970 tot 1973 het ons dikwels so ent weg van die kasteel, op die ou militere pad, verby gery en hom ander kant die vallei teen die skuinste in die veld sien staan. Ek het probeer kyk of ek daai pad kan sien iewers maar die stad het hom ingesluk. Ek onthouook so min of meer in daardie omgewing het die vlieëndepiering “roadhouse” gestaan. Het 1 keer by hom melkskommel gedrink. Hyt seker weer opgestyg en weggevlieg van al ons probleme.
Die Erasmuskasteel is nou deel van die malligheid wat sommige beskawing (stad) noem terwyl ek dit onthou uit my jong dae as simbool van rustigheid daar ver in die veld.
Terug in die verkeermalligheid, dis nou kwart oor 5 en ons het klaar gelaai in centurion en mik nou wes. Sal sien wat die nag oplewer ivm eet en slaap.
Sommige verkoop iets om geldtjie te maak. Sokker goed en vlaggies is nou die inding.
Almal oppad iewers heen
Die huise hou net nie op en en nuwes word gebou by die hope, die RSA nasie ken van aanteel.
So teen 21h00 op Bothaville aangekom en die maag het al sulke draaie gemaak soos hy na kos smag. Die oggend se toebroodjie en midag se pastei langs die pad was al vergete.
Stop toe by die hotel en eet in die Spur, sjoe Spur kos was lanklaas so heerlik gewees.
Hier bel Johan vir Juffrou Gawie om te reel vir koffie die volgende oggend. Dis te ver na hulle toe om daar by hulle te slaap.