• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Drome

Started by Ans Botha, March 08, 2013, 04:10:07 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ans Botha

waar waterstrome
mekaar oorstroom
waar waterkolke
mallemeulens vorm

deurmekaar geskommel
deurdrenk in waterskuim
gemeng, gevorm, gewoel
tot waardelose druppels

bruisend, malend
woed skuimende waters
om later kalm in strome
weg te vaar

na onbekende lande
daar waar my drome
in strome beland
hopend gevang word
deur veilige hande

PM

Baie mooi Ans.  Jou plekkie in die boek word al groter.  Indien jy enige foto's of prentjies het wat hierby sal gaan kan jy dit gerus vir my stuur. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie PM ek gaan vir jou so maak.

Meraai vannie Baai

Ek het dit ook geniet Ans.  :notworthy: :icon_salut:

Ans Botha

Dankie Meraai ek waardeer dit baie

Ans Botha

Hoe lyk hierdie foto vir jou PM?

Joe Daai Ou

Ja nee Nig Ans, ons word algar weggevoer saam met die strome van Drome om eendag in 'n kalme meer tot ruste te kom.Ek het gelike Nig! Doet zoo voort! :toothy4:
O Moedertaal,O Mooiste taal, jou lief ek bo alles!

PM

Ek het vir jou 'n blaadjie gemaak en aangestuur Ans.  Laat weet maar wat jy daarvan dink. 
Om te weet is om te verstaan.

Ans Botha

Dankie Joe, Ek waardeer baie.