• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Seisoenaal

Started by Naas, April 01, 2013, 01:30:05 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Uit die spierwit doeke van lentebloeisels
ontwaak die vreugde van lewe.
In somerhittegolwe groei die lewensvrugte.
Die herfs bring wasdom in sy warm wyse kleure.
Aan die einde kom winter en verstrengel, verskrompel
in yskoue vingers die lewe uit die jaar se groei.

'n Siklus word voltooi.
'n Siklus gevul met vreugde, hartseer, liefde...
Groei...
Wysheid...
Lewe...
Pyn, lyding...
Dood.

Dit is volbring...
© Naas
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

So gevoelvol geskryf Naas.  Ons dink aan jou matertjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Sterkte word julle toegewens, Naas.
Daar is soveel lekker tye saam met Ma wat ek nooit sal vergeet. 
Sy was baie siek, maar altyd geglimlag en liefde uitgestraal.
Geen bitter lyding meer vir haar.  Net rus aan ons Vader se voete.
<<<<>>>>
elle

adele

ek wil jou hand neem, saamstap ... die seer is nog erg, dit oordek nog die gemis wat wag.
jou siklus-woorde skilder ook 'n goue-raam-liefde.

:grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Met eerbied en simpatie lig ek my hoed en knak die knieg mater  :icon_salut: :notworthy: