Duisend dankies Gawie vir hierdie heerlike resep. Oorskiet braaivleis is altyd lekker!
Ek gee vir julle hier die resep soos Gawie dit vir ons gestuur het:
"Ek gebruik dikwels braaivleis wat oorgebly het, dan sny ek dit blokkies en braai dit saam met uie tot die uie gaar en die vleis lekker warm is.
Dan sny ek so 2 tamaties daarby en laat dit rukkie prut. Ek het al oorskiet aartappels bygesit en dikwels sny ek ook sampioene en groen pepers daarby in.
Dan maak ek sous met so halwe kop tamatiesous, kwart kop blatjang en bietjie worcestersous.
Roer als deurmekaar in die pan, 1 teel suiker (of na smaak) en sout en peper.
Ons eet dit saam met roosterbrood vir ontbyt of saam met rys vir ligte etetjie."