Ek dink gene speel wel 'n rol en as die kind is sterk genoeg wil het om weg te skeur van daai trauma en lewe af dan sal hul.
Ek het al gesien hoe gene 'n rol speel, my suster se verloofde was vervreemd van sy pa, sy ma het sy pa baie sleg gepraat en hy onthou sy pa glad nie as kind nie, hy het eers op 17 besluit hy wil sy pa sien en die het hy vir so week of wat op 'n keer so eenkeer 'n jaar gedoen, hy sien sy pa nou bietjie meer maar net vir 'n dag op 'n tyd so eenkeer elke twee maande, sy pa was hier vir 'n braai wat ons vir die twee verliefdetjies gehou het, en ek het nog nooit mense meer eenders gesien nie, hoe die ou en sy pa praat, hoe hulle beweeg, die goed waarvoor hulle lag, die manier wat hulle dingetjies doen. Ek het bietjie met hom gepraat oor sy pa en hy se hy het geen twyfel gehad van die eerste keer dat hy sy pa weer ontmoet het nie, hy het dadelik geweet dits sy pa. Hy se hulle is werklik eenders, hul humeure, hul reaksies, net alles wat hulle doen.
En aan die ander kant, My vriendin het 'n aangenome broer, die seun is swart en is as babatjie aangeneem 'n paar dae na geboorte. Die gesin is liefdevolle mense en wonderlike ouers, my vriendin is verskriklik lief vir haar broer. Die kind is na uitstekende skole toe en het regtig 'n goeie opvoeding ontvang, hy praat afrikaans, engels en Xhosa, sy vriende is almal wit kinders en net so goed opgevoed soos hy. So daar is nie regtig rede dat hy sommer net 'n rebel moet wees nie maar hy is, en baie erg so, hy het al sy ma geslaan, hy praat verskriklik lelik, hy het 'n baie baie kort humeur, hy jok verskriklik, hy drink en rook baie meer as wat enige persoon moet. Hy het geen respek vir enige mense nie en hy maak my eintlik bietjie bang. As mens in so oe kyk kan mens sien hy is nie lekker nie, al glimlag hy jou wanneer hy jou groet. In die geval dink ek definitief dit is sy gene! Ek bedoel hy het nie trauma as kind beleef by ander ouers nie, die mense by wie hy is is al van geboorte af sy ouers.