• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Trioletstruktuur

Started by Meraai vannie Baai, December 21, 2012, 01:46:28 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Die Triolet is 'n ou Franse 8 reël/stanza gedigvorm en dateer so ver terug as die 13de eeu. Die eerste twee reëls (A en B) van jou Triolet is baie belangrik omdat dit herhaal word, dus moet die vloei van die gedig gemaklik en nie geforseerd voorkom nie.

Kom ons kyk gou na die skematiese voorstelling van 'n Triolet:
Reël 1: A

Reël 2: B

Reël 3: a

Reël 4: A

Reël 5: a

Reël 6: b

Reël 7: A

Reël 8: B

Hier is Aspoestertjie se pragtige voorbeeld:

Immergroen
Wyl die jare oor ons gaan
Het my liefde vir jou gegroei.
Daar was lag en soms 'n traan
Wyl die jare oor ons gaan.
Maar ons liefde het vas gestaan.
Soos 'n boom immergroen gebloei.
Wyl die jare oor ons gaan
Het my liefde vir jou gegroei

© Aspoestertjie


Meraai vannie Baai

#1
*hierdie voorbeeld (leestekens ietwat veranderd) het ek 'n paar jaar gelede in ons eie album opgeneem

Samevatting van die riglyne:
Reëls 1, 4 en 7 is presies dieselfde. En so is reëls 2 en 8, weer dieselfde.

As jy jou eerste twee reëls geskryf het, is daar reeds 5 van die 8 reëls geskep!

Dan bly slegs reëls 3, 5 en 6 oor. Hierdie drie reëls is dan ook jou drie rymreëls. Byvoorbeeld: a rym met A en so sal b dan met B rym.

1 A  Daar waar jou hart se punt is -
2 B  dit is daar waar die legkaart, vir ons in plek val
3 a  en ek en jy nes suurdeeg en meel, saam kan gis.
4 A  Daar waar jou hart se punt is,
5 a  in een van die hoekies knus;
6 b  bly sit ek willekeurig in die lokval.
7 A  Daar, waar jou hart se punt is,
8 B  dit is daar waar die legkaart vir ons, in plek val.

© Meraai vannie baai


Ah Willa

As ek groot geword het, en 'n slim digter is, gaan ek ook 'n Triolet skryf - ek lief dit!!!!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Aspoestertjie

Ah Willa, Ta Raaitjie is so slim.
My Oupa se dis net slim SA'ners wat pad vat Gatkantland toe.




:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

Ah Willa

Ja Aspoestertjie, as ons skip nie wil bly sink nie, sal ons ook pad vat Gatkantland toe terwille van Theo ... maar die Gatkantlanders het 'n helse gat in hulle harte wat die tog soontoe uitgeruk het .... ek wonder of ek met daai kat sal kan leef ... maar terwille van mens se kindertjies oorleef mens vreeslike goed  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Assie ek lieffff jou triolet!!

Willa daai uitgerukte gat is deel van die lewe se verloop. Ons het ook gate in ons harte as geliefdes handskud met die Anderkant. Die tegnologie maak dit vir ons moontlik om nog kontak te kan hou met geliefdes. Soos nou, hier op die woorderf  :love7:

Ah Willa

dankie tog vir tegnologie - net jammer dit gaan nie die Anderkant vir nou bereik nie - maar darem dankbaar dat ons met geliefdes n Gatkantland kan praat  :icon_biggrin:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w