Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on December 21, 2012, 01:46:28 AM

Title: Trioletstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on December 21, 2012, 01:46:28 AM
Die Triolet is 'n ou Franse 8 reël/stanza gedigvorm en dateer so ver terug as die 13de eeu. Die eerste twee reëls (A en B) van jou Triolet is baie belangrik omdat dit herhaal word, dus moet die vloei van die gedig gemaklik en nie geforseerd voorkom nie.

Kom ons kyk gou na die skematiese voorstelling van 'n Triolet:
Reël 1: A

Reël 2: B

Reël 3: a

Reël 4: A

Reël 5: a

Reël 6: b

Reël 7: A

Reël 8: B

Hier is Aspoestertjie se pragtige voorbeeld:

Immergroen
Wyl die jare oor ons gaan
Het my liefde vir jou gegroei.
Daar was lag en soms ’n traan
Wyl die jare oor ons gaan.
Maar ons liefde het vas gestaan.
Soos ’n boom immergroen gebloei.
Wyl die jare oor ons gaan
Het my liefde vir jou gegroei

© Aspoestertjie

Title: Re: Trioletstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on December 21, 2012, 02:24:32 AM
*hierdie voorbeeld (leestekens ietwat veranderd) het ek 'n paar jaar gelede in ons eie album opgeneem

Samevatting van die riglyne:
Reëls 1, 4 en 7 is presies dieselfde. En so is reëls 2 en 8, weer dieselfde.

As jy jou eerste twee reëls geskryf het, is daar reeds 5 van die 8 reëls geskep!

Dan bly slegs reëls 3, 5 en 6 oor. Hierdie drie reëls is dan ook jou drie rymreëls. Byvoorbeeld: a rym met A en so sal b dan met B rym.

1 A  Daar waar jou hart se punt is -
2 B  dit is daar waar die legkaart, vir ons in plek val
3 a  en ek en jy nes suurdeeg en meel, saam kan gis.
4 A  Daar waar jou hart se punt is,
5 a  in een van die hoekies knus;
6 b  bly sit ek willekeurig in die lokval.
7 A  Daar, waar jou hart se punt is,
8 B  dit is daar waar die legkaart vir ons, in plek val.

© Meraai vannie baai

Title: Re: Trioletstruktuur
Post by: Ah Willa on December 21, 2012, 09:11:57 AM
As ek groot geword het, en 'n slim digter is, gaan ek ook 'n Triolet skryf - ek lief dit!!!!
Title: Re: Trioletstruktuur
Post by: Aspoestertjie on December 21, 2012, 09:17:23 AM
Ah Willa, Ta Raaitjie is so slim.
My Oupa se dis net slim SA'ners wat pad vat Gatkantland toe.




 :mumum:
Title: Re: Trioletstruktuur
Post by: Ah Willa on December 21, 2012, 01:15:39 PM
Ja Aspoestertjie, as ons skip nie wil bly sink nie, sal ons ook pad vat Gatkantland toe terwille van Theo ... maar die Gatkantlanders het 'n helse gat in hulle harte wat die tog soontoe uitgeruk het .... ek wonder of ek met daai kat sal kan leef ... maar terwille van mens se kindertjies oorleef mens vreeslike goed  :love7:
Title: Re: Trioletstruktuur
Post by: Meraai vannie Baai on December 22, 2012, 05:31:09 AM
Assie ek lieffff jou triolet!!

Willa daai uitgerukte gat is deel van die lewe se verloop. Ons het ook gate in ons harte as geliefdes handskud met die Anderkant. Die tegnologie maak dit vir ons moontlik om nog kontak te kan hou met geliefdes. Soos nou, hier op die woorderf  :love7:
Title: Re: Trioletstruktuur
Post by: Ah Willa on December 22, 2012, 10:53:30 AM
dankie tog vir tegnologie - net jammer dit gaan nie die Anderkant vir nou bereik nie - maar darem dankbaar dat ons met geliefdes n Gatkantland kan praat  :icon_biggrin: