Lekker lag ek nou oor die Amoksel. Ons huisdokter was baie lief om dit voor te skryf van Oupa tot by kleinkind.
Beriglobin is 'n baie duur inspuiting en ons medisefonds betaal nie daarvoor nie. Ons oudste het ook nie meer 'n mild nie en hy kry elke ses maande so 'n inspuiting. Dit bou 'n mens se weerstand. Ons kry dit nou vir Hannes ook.
Oudste mag ook nie malaria kry nie, so ons vermy daardie gebiede om saam te kuier in die somer.
Ons lewe nie meer in daardie tyd toe ons nog dokters en aptekers kon vertrou nie. Ek google eers die medikasie voordat ek dit aankoop. Gelukkig is ek baie gesond. Het al dikwels onder die mes deurgeloop, maar ook oor "slagters" wat "mes-happy" is. 'n Galblaas wat nou enige tyd kan bars omdat die steen al so groot soos 'n duifeier is. Toe daardie steentjie daar uitkom lyk dit soos 'n sandkorreltjie en ek loop nou nog met die probleem. 'n Spastiese dikderm.