• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Mono-rym Struktuur

Started by Meraai vannie Baai, May 22, 2018, 12:10:19 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hierdie gedigsvorm het geen beperking op enige aantal reëls nie. Enigste vereiste is dat jou laaste woorde van elke reël rym. Naas se skepping by die 5 W's struktuur is die perfekte voorbeeld van 'n Mono-rym gedig.  :hello2: :notworthy:

Kom ons praat gou hier van Zuma
Hy soek vroue vir sy woema
Oral op Nkandla
word daar elke dag gevra
vir nog kinders om sy beeste aan te ja.
© Naas

Meraai vannie Baai

#1
Kreupel en vaal
sonder skeet of kwaal
het ons terminaal
in kleurlose sirkelgang verdwaal
en gespook om 'n moedertaal
te bewaar, het ons liederlik gefaal
op 'n een-tot-tien-skaal?
© Meraai vannie baai






Naas

In die reenboog van ons land
praat ons heeldag land en sand
oor wat ons volgende gaan brand
maar in die reenboog van ons land
sien die wereld net die kleurvol kant.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

WOW Naas! In die kol  :`ip2: :hello2: Sooooo dankbaar jy woel weer met een van jou menige talente  :notworthy:

PM

Dankie dankie!   :hello2:   Pragtig gedoen. 
Om te weet is om te verstaan.