Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 11:10:19 PM

Title: Mono-rym Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on May 21, 2018, 11:10:19 PM
Hierdie gedigsvorm het geen beperking op enige aantal reëls nie. Enigste vereiste is dat jou laaste woorde van elke reël rym. Naas se skepping by die 5 W's struktuur is die perfekte voorbeeld van 'n Mono-rym gedig.  :hello2: :notworthy:

Kom ons praat gou hier van Zuma
Hy soek vroue vir sy woema
Oral op Nkandla
word daar elke dag gevra
vir nog kinders om sy beeste aan te ja.
© Naas
Title: Re: Mono-rym Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2018, 05:53:46 AM
Kreupel en vaal
sonder skeet of kwaal
het ons terminaal
in kleurlose sirkelgang verdwaal
en gespook om 'n moedertaal
te bewaar, het ons liederlik gefaal
op 'n een-tot-tien-skaal?
© Meraai vannie baai





Title: Re: Mono-rym Struktuur
Post by: Naas on May 22, 2018, 09:16:33 AM
In die reenboog van ons land
praat ons heeldag land en sand
oor wat ons volgende gaan brand
maar in die reenboog van ons land
sien die wereld net die kleurvol kant.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Mono-rym Struktuur
Post by: Meraai vannie Baai on May 22, 2018, 10:42:25 AM
WOW Naas! In die kol  :`ip2: :hello2: Sooooo dankbaar jy woel weer met een van jou menige talente  :notworthy:
Title: Re: Mono-rym Struktuur
Post by: PM on May 22, 2018, 12:58:31 PM
Dankie dankie!   :hello2:   Pragtig gedoen.