• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die voorfdele en nadele van 'n aftrekorder.

Started by PM, September 09, 2012, 09:05:45 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek wil graag die voordele en nadele van 'n aftrekorder bespreek.  Wat dink julle daarvan?
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

Dit help beslis as jy effens verstrooid is. 'n Mens moet egter dan gereeld 'n ogie gooi om seker te maak daar is genoeg in jou bankspens, sodat jy nie op die ou end boetes betaal nie. Baie gerieflik. Daar is egter soms plekke wat dan skelm-skelm jou rekening uitroei deur meer as eenkeer 'n maand af te trek d.m.v. verskillende bedrae. Die enigste raad is om dan maar daardie rekening toe te maak en 'n nuwe een te skep. Dit het ookal gebeur dat een nie deurgegaan het nie en ek salig onbewus gedink het dat ek ekstra spaarsamig met my geld gewerk het, totdat die oproepe gekom het.  :icon_biggrin:
Ek dink as jy baie aftrekkings het en nie 'n begrotingsboekie nie, is dit seker ook gerieflik om na die aftrekkings deur is te kyk hoeveel jy oor het om te kan spandeer.

Tans is dit net die versekering vir my karretjie wat hieronder val. Dit is nou meer van hand na mond. :-)

PM

Wat my de vieste in maak is dat die bank alewig vir jou sê dat hulle nie 'n aftrekorder kan stop nie.  Dit is mos twak!  Hulle beheer  MY  sake, nie die ander party s'n nie. 
Ons het al aftrekorders gekanselleer om net twee maande later agter te kom dat die swernoters dit maar net weer
ingestuur het vir betaling. 
As almal ewe eerlik is behoort dit 'n voordeel te wees.  As 'n mens al die kostes in ag neem is dit 'n duur geriefie.   
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Vandat ek my rekeninge met ETF betaal het ek geen probleme meer nie.
D/o is net 'n gerieflike manier van die banke om 'n mens verder te melk.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Trapsoetjie

PM, dis so waar. Ek kan daardie een ook nie verstaan nie. Dis dan my geld my bank, en vir wie ek betaal om my geldjies reg te handel, en tog is dit of hulle vir die ander party meer reg gee oor my geld.

:angel12:

PM

Ons sal ook moet oorslaan na ETF.  Jare gelede het ek nog elke maand met die tjekboek gaan sit en vir elke ou 'n tjek gepos.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

PM

Lag ek nou toe ek op die inskrywingslys kyk en ek lees  "voorfdele".   :icon_biggrin:
Dit kan maar net so bly!   :icon_biggrin: Vandag "worry" ek nie.   :icon_biggrin:
Ons sein is so sleg die laaste paar dae, dit is 'n pyn om op die internet te kom en te bly.  Ek wens ek kan verstaan hoekom dit gebeur. 
Om te weet is om te verstaan.