• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Woordwurm en die Skommelgedig

Started by Meraai vannie Baai, April 19, 2012, 07:53:09 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Hierdie eenvoudige struktuur word geskep deur slegs 'n paar woorde ondermekaar. (Indien jy 'n skommelgedig skep is die vereiste dat die woorde wat jy gebruik - byvoorbeeld in 'n span-/klasprojek,  geskommel word deur ander skrywers om 'n heel nuwe geskommelde woordwurm te vorm.)

Hier is my voorbeeld van 'n geskommelde woordwurm.

Sou ek ...

kon
skaaf
aan
gedane
dade ...
soos
aan
geskrewe
woorde ...

sou ek!

© Meraai vannie baai

*met die laaste reël kan die woorde langs mekaar geplaas word, of ook ondermekaar.

Lyftaal ...

kontemporêr
en
tydloos;
universeel
verstaanbaar

© Meraai vannie baai

(sommer net vir die lekker - nog 'n voorbeeld)

Soet
op
die
rooie
lippies;
ewig
om
die
ronne
heupies!

© Meraai vannie baai

PM

#1
Dit is 'n pragtige voorbeeld Raaitjie.  
Ons wag nou vir ander skrywers om nog voorbeelde te bring vir die boek.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

#2
soms
wonder
ek
oor
woorde
stom
en
seer
?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Willa hierdie gediggie voldoen aan al die vereistes en ek los dit hier vir PM.  :book1: :love7: :icon_salut: Die res waar jy nog aan geskuur en skaaf het is by die strukture afdeling vir jou geplaas met ons raad/voorstelle onderaan elke voorbeeld van jou hoor!

http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=1790.msg10669#msg10669