Author Topic: Woordwurm en die Skommelgedig  (Read 4415 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Woordwurm en die Skommelgedig
« on: May 30, 2012, 07:43:31 AM »
Hierdie eenvoudige struktuur word geskep deur slegs 'n paar woorde ondermekaar. (Indien jy 'n skommelgedig skep is die vereiste dat die woorde wat jy gebruik - byvoorbeeld in 'n span-/klasprojek,  geskommel moet kan word deur ander skrywers, om 'n heel nuwe geskommelde woordwurm te vorm.)

Met die saamstel van 'n gewone woordwurm word die woorde slegs ondermekaar geplaas.

Sou ek ...

kon
skaaf
aan
gedane
dade ...
soos
aan
geskrewe
woorde ...

sou ek!

© Meraai vannie baai

*met die laaste reël kan die woorde langs mekaar geplaas word, of ook ondermekaar.

Voorbeeld:

Lyftaal ...

kontemporêr
en
tydloos;
universeel
verstaanbaar

© Meraai vannie baai

(sommer net vir die lekker - nog 'n voorbeeld)

 Soet
 op
 die
 rooie
 lippies;
 ewig
 om
 die
 ronne
 heupies!
 
© Meraai vannie baai

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordwurm en die Skommelgedig
« Reply #1 on: May 30, 2012, 07:47:16 AM »
Willa se voorbeeld:

soms
wonder
ek
oor
woorde
stom
en
seer
?

© Ah Willa


Meraai: Pragtige skommelwoordwurm Willa!! Sien jy lief dit.

******************************************************

Willa: mag mens woordjies inlas as jy skommel soos bv:

 Soet
 op
 die
 rooie
 lippies;
 ewig
 om
 die
 ronne
 heupies!
 
© Meraai vannie baai

ek skommel dit na

Vir
ewig
op
die
ronde
heupies
was
net
'n
oomblik
soet
op
die
rooi
lippies

Meraai: Jy mag wel woorde weglaat, maar probeer om nie ander woorde by te voeg nie. Jy moet skommel met die beskikbare woorde voor jou. Lekker speel hoor:)

****************************************************

Willa: Ek hou van die oorbruggende-herhaalde-titel  (ek het net 'n reel gemaak - het die gediggie getille Jy Spoeg )

Spoeg jy

vuur
brand
seer
woorde
net
omdat
jy kan

spoeg jy!

© Ah,Willa!

Meraai:Willa jy het my gediggie mooi geskommel! Die dubbele 'sou ek' van my gedig is nie 'n vereiste in hierdie formaat nie. Ek het dit doelbewus gebruik as oorbruggende-herhaalde-titel (waar die titel jou eerste reël/woord in die gedig vorm en ook die laaste reël. Ek het die twee woorde gekies dat dit tweestrydig gelees word as 'n (on)vervulde smagting.

As jy dieselfde wou doen sal ek jou gedig so saamgestel het:

Spoeg jy

vuur
brand
woorde
seer,
vertel
my
dan
waarom

spoeg jy?

************************************

Willa:ek hou nie van melkskommels nie, maar is mal oor woordskommelings

so ek kon nie die versoeking weerstaan nie

maar ek gooi wou weg - mag mens woorde weggooi of moet elke word na skommeling nog daar wees?

soos die onkruid in my tuin,
as ek kon ...
sou
ek
uitpluk
vrees
en
seer

ek hou van jou skommeling op my probeerslag - dit maak my sarkastiese uitdrukking 'n vraag teken

ek moes dalk leestekens byvoeg

Jy Spoeg

Spoeg jy
vuur
brand
seer
woorde
net
omdat
jy kan!

Spoeg jy!

Meraai:As jy speel met die gedig mag jy weggooi Willa. Bly jy geniet dit. Die woordspel van skommel is vir spanprojekte. Dan is die woorde soos magnetiese woorde op die yskas waar jou gaste staan en elkeen skommel dit in 'n ander gedig.

Wanneer ons so gedig saamstel is die vereiste dat jou woordkeuses geskommel moet kan word. Dit is maklik om te sien of jou gedig werk of nie - loer vinnig na die woorde en rangskik dit effens anders.

Jou titel is dus soos die onkruid in my tuin, dan moet jou woordwurm volg ... so jy moet dan as ek kon ook onder mekaar plaas, die laaste reel kan jy weer woorde langs mekaar plaas. Onthou die gedig moet sin maak en gemaklik lees. Soos jy dit nou geskommel het maak dit nie vir my helemal sin nie.

Lekker skommel!
« Last Edit: May 30, 2012, 08:42:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Woordwurm en die Skommelgedig
« Reply #2 on: May 31, 2012, 04:05:24 PM »
Dankie vir die hierheen skyf -
ek sal onthou om nou nie by konstruksie te gaan tiksel nie - maar hier te kom woel en vra te vra.

Ek wil juis weet ...

hoekom is my orde van die woorde nie reg nie ...

Spoeg jy

vuur
brand
seer
woorde
net
omdat
jy kan

spoeg jy!

© Ah,Willa!

dit maak tog sin - dan nie ... ek verstaan nie mooi nie .. en as ek na die orde van jou woorde kyk,
maar dit ook sin - net 'n ander betekenis - die is kwaai-sarkasties  en jou voorbeeld van die skommel 'n vraag.

jy gaan nog moet verduidelik dat my slaperige breinselle kan by kom :-)

Meraai:Willa jy het my gediggie mooi geskommel! Die dubbele 'sou ek' van my gedig is nie 'n vereiste in hierdie formaat nie. Ek het dit doelbewus gebruik as oorbruggende-herhaalde-titel (waar die titel jou eerste reël/woord in die gedig vorm en ook die laaste reël. Ek het die twee woorde gekies dat dit tweestrydig gelees word as 'n (on)vervulde smagting.

As jy dieselfde wou doen sal ek jou gedig so saamgestel het:


Spoeg jy

vuur
brand
woorde
seer,
vertel
my
dan
waarom

spoeg jy?
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Woordwurm en die Skommelgedig
« Reply #3 on: June 03, 2012, 04:50:04 AM »
Skies ek antwoord nou eers Willa. Het gister begin en moes maar weer net so kom toemaak, onse kleinding was half olik gister.

Mater dit is seker maar 'n persoonlike keuse van woordorde. Vir iemand anders, sal dit - soos vir jou - perfek sin maak
As ek leestekens byvoeg, verstaan ek bietjie meer wat jy wou oordra uit jou woorde beskikbaar aan jou lesers.  

Vir my is daar gewoonlik vrae as ek iets lees. Wie, wat, waar, waarom/wanneer en dan ook waarheen wil die skrywer ons gedagtes neem?

Uit jou gedig lei ek af (1) daar is 'n persoon wat die tweesnydende swaard gebruik om iemand in eie munt/weerwraak/bitterheid/verontregting (?) net omdat jy kan te kwets.

(2) Kan dit ook wees dat die persoon uit pure gewoonte vuur spoeg?

NS: Onthou ook om 'jy kan' ondermekaar te plaas.
 
« Last Edit: June 03, 2012, 04:54:55 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Woordwurm en die Skommelgedig
« Reply #4 on: June 03, 2012, 07:19:18 AM »
Ek het ook die gewoonte om iets te skryf wat nie vir ander sin maak nie.  In my kop het ek 'n mooi prentjie van waaroor ek skryf, maar die leser sien nie die prentjie nie.  Dit is nou vir my om daardie prentjie so te beskryf, dat die leser presies kan sien wat ek sien. 

My eerste waarneming van jou gedig was: normale mense spoeg nie vuur net omdat hulle kan nie. 
Hulle spoeg vuur omdat hulle self gekwets is, of kwaad is, of hoekom?

Toe steek ek vas by: vuur brand seer woorde?
As ek dit so lees, dan klink dit vir my of die vuur die seer woorde wegbrand.
Wil jy nie dalk sê dat die woorde soos vuur brand nie? "spoeg jy vuur, brand woorde seer...

As jy dan nou die vraag vra: hoekom spoeg jy, kan die leser tot 'n paar gevolgtrekkins kom:
1) Hy spoeg omdat hy kwaad is
2) Hy spoeg omdat hy doelbewus wil kwets (omdat hy kan)
3) Hy spoeg omdat hy seergemaak is ens.

As jy nie die oorbruggende-herhaalde-titel wil gebruik nie, kan jy dalk hierna kyk:

woorde
brand
seer
jy
spoeg
vuur
net
omdat
jy
kan

Dalk kan jy ook die titel verander deur te sê:

jy kan
seer
woorde
spoeg
wat
brand
soos
vuur
net
omdat
jy kan

Die feit bly staan, dit is 'n goeie gedig, jy moet nou net presies kom sê hoe lyk die prentjie in jou kop.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Woordwurm en die Skommelgedig
« Reply #5 on: June 03, 2012, 11:48:03 AM »
Julle het altwee 'n uitkyk of 'n inkyk wat ek nie eens het nie  :angel12:

Spoeg jy

vuur
brand
seer
woorde
net
omdat
jy
kan,

spoeg jy!

© Ah,Willa!

Spoeg jy vuur brand seer woorde   (staaf die feit dat die persoon baie seer woorde uiter)
net omdat jy kan, spoeg jy (nie omdat jy 'n ware rede het nie, net omdat jy gemeen van persoon is)

 :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w