• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Die woord "nog"

Started by PM, April 21, 2011, 12:03:08 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

PM

Nog een van die woorde wat onder die loep kan kom. 

"Maar jy weet mos,  nog ek nog jy kan dit doen,  wat praat nog van al die ander daar buite."
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Nog 'n woord wat met my kop wil toor
so sê ek nog~maals dank
met liefde sal ek nog wil stoor
bring vir my nog~goed, ek wil dit bank

My glas is leeg, nog wyn, dankie!

:angel12:

PM

Ek wil ook nog wyn hê asseblief!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Ek wil nog kuier maar het nog nie salaris ontvang nie. Nou is ek nog arm, nog ryk.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dis nog nie so erg nie,  kom sit dan skink ons vir jou ôk nog 'n doppie daar.  ♪♪
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

As en net nog meer tyd gehad het, kon ek meer hier rond snuffel, en nog meer inskrywings in dien, met nog meer gedigte om my lysie te vul.

Meraai vannie Baai

Ons taal is wonderlik. Nog vis, nog vlees -dog so baie meer as net 'nog'   :book1: