Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: PM on April 21, 2011, 11:03:08 AM

Title: Die woord "nog"
Post by: PM on April 21, 2011, 11:03:08 AM
Nog een van die woorde wat onder die loep kan kom. 

"Maar jy weet mos,  nog ek nog jy kan dit doen,  wat praat nog van al die ander daar buite."
Title: Re: Die woord "nog"
Post by: Trapsoetjie on April 21, 2011, 12:24:00 PM
Nog 'n woord wat met my kop wil toor
so sê ek nog~maals dank
met liefde sal ek nog wil stoor
bring vir my nog~goed, ek wil dit bank

My glas is leeg, nog wyn, dankie!

 :angel12:
Title: Re: Die woord "nog"
Post by: PM on April 21, 2011, 12:35:13 PM
Ek wil ook nog wyn hê asseblief!   :icon_biggrin:
Title: Re: Die woord "nog"
Post by: Naas on April 21, 2011, 01:23:09 PM
Ek wil nog kuier maar het nog nie salaris ontvang nie. Nou is ek nog arm, nog ryk.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Die woord "nog"
Post by: PM on April 21, 2011, 01:29:21 PM
Dis nog nie so erg nie,  kom sit dan skink ons vir jou ôk nog 'n doppie daar.  ♪♪
Title: Re: Die woord "nog"
Post by: Trapsoetjie on May 09, 2011, 08:55:50 AM
As en net nog meer tyd gehad het, kon ek meer hier rond snuffel, en nog meer inskrywings in dien, met nog meer gedigte om my lysie te vul.
Title: Re: Die woord "nog"
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2015, 07:06:52 AM
Ons taal is wonderlik. Nog vis, nog vlees -dog so baie meer as net 'nog'   :book1: