• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

"Sien jy kans?"

Started by PM, November 14, 2012, 10:02:50 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Gawelina

Nog net twee slapies, sustertjie. Die vasbyt is amper verbyt.

PM

Ag dankie tog.  Gelukkig is vandag ook amper verby.  Ek wag nou net dat die vliegtuig oorkom, dan kan ek my sorge versuip.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

 :angel4:
"Rooiwyn het nie remme nie en woorde gespreek met rooiwyn gegeur maak tweemaal so seer.  Hulle seg mos, uit die mond van die dronkaard sal jy die waarheid hoor."

PM

En so . . . het ons lewens soos dag by die nag verander.  Hier sit ons nou in die bosveld tussen die diere.  (Die meeste van die bure is "opgelok" in die stad.)  Dit is regtig stil en rustig.  Almal bly in hul huise. 
Ek sukkel nie meer met verblyfsoek nie.   :icon_biggrin: [size=78%]  [/size]


Om te weet is om te verstaan.

AB

sterkte PM
hier is dit ook rustig op die plaas, ons beweeg min, gelukkig mag ons darem aangaan met werk maar nie onnodig dorp toe ry nie.
gelukkig is ons voorrade ook hoog genoeg

PM

#20
My liewe AB.  Ek mis jou 'n hond uit 'n bos uit!  Gelukig het ek nog 'n 5lt kannetjie wyn wat net wag om oopgemaak te word.  :angel4:


In onse klein dorpie is groente en vrugte 'n rariteit.  (Ek hoop nie Raaitjie of Naas lees hier nie, hulle sal my stenig.)  :icon_biggrin:


Ek dink, ons op die plase, ver van die stede, is bevoorreg.  Ons het nou wel nie die gerief  nie, maar ons het die vrede.

Dan glo ek ook natuurlik, what will be will be.  So be it! :angel12:

Ek mis julle.  My hart gaan uit vir 'n ieder en 'n elk van julle en jul families  en hoop van harte dat julle veilig sal wees.

Ek dink ons moet regtig 'n bus reel om saam te kuier,  na hierdie episode!  Almal moet hulle inset lewer.  Kom ouens, laat die vure brand!


Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Sal jou nie stenig nie hoor! Ons mag uiteindelik weer die naweek ons wieletjieshuis hak en vir drie dagies vars lug gaan opsoek. Natuurlik met in ag geneme die veiligheidsmaatreels teen die gevare van die gogga wat nog steeds in ons midde is. Solank ons nie een van die ses state se grense oorsteek nie, is oom Polisieman tevrede en bly sy boekie in sy sak.  Ek sal net al om die toegekende staanplek dwaal en alle kontak vermy en natuurlik ons eie badkamergeriewe gebruik. My ukulele gaan saam sodat ek nie verkeerde snare tokkel en amok maak nie. Deesdae baie kort gesnaar om die een of ander duistere rede...
:angel4:

adele

As daar iemand is wat 'versigtigwees' 'n ander betekenis gee, is dit jy lief Raaitjie. Geniet die wegbreek!  :love7:  :coffee2:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

 :love7: Dankie baie baie liefste matertjie, die wieletjieshuis is gepak en more oggend DV vat ons die pad (gelukkig net 2 ure van kangeroe-paaie) tot by die warmbron. 3 Salige dae van vars lug  :toothy4:

adele

Veilig ry ook, hoor. Hier is dit nou koud, kouer as koud voel dit vir my. Die Kaap het haar stormkultuur gestand gedoen en nou tref alles die binneland, asof dit nou ons skuld is  :toothy4:
adéle  :grommit:

AB

yskoud by ons en berge spierwit van sneeu

PM

Lekker om te sien hier is 'n kuiertjie aan die gebeur.  Hier by ons is dit nog nie so yskoud nie, maar ons voel die sneeu in die lug. 
Ek is net dankbaar ons kry weer 'n ietsie om te drink. 


Geniet julle kamp Raaitjie. 


Die sneeu lyk seker baie mooi AB. Miskien kan ons 'n fototjie sien?


Ek het aan jou gedink toe ons sien hoe koud dit daar in julle area is Adele.  Hoe sal ons dan nou 'n somer waardeer sonder 'n winter?
Om te weet is om te verstaan.

AB

ek sukkel met die fotos laai.
is nogal koud hier maar ek hoor in karoo is dit baie erger kouer as hier.
ons het lekker reen eghad so week gelede, ons kort nog baie en glo daar sal nog kom.
worcster se een dam het van 55% na 77% in een reenbuit gestyg, ek diaar in di eberg kon dit maklik 180 mm gereen het


PM

Ek hoop julle sal al die reen kry wat nodig is.  Ons, hier in die Limpopo het 'n pragtige reenjaar gehad.  Alles was groen en vars en die diere het genoeg kos gehad.  Die inwonders hou self die paaie in stand, en dit was nogal 'n uitdaging met die baie reen.  (Ons het natuurlik grondpaaie.)


Hoe gaan dit met die wynmakery AB?
Om te weet is om te verstaan.