Author Topic: "Sien jy kans?"  (Read 7698 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
"Sien jy kans?"
« on: November 14, 2012, 10:02:50 AM »
"Sien jy kans?"
Ek het, soos gewoonlik, hierdie plek op die internet raakgeloop.  'n Pragtige selfsorgeenheid, 200 meter van die hoofhuis af.  Ongelukkig is dit reeds bespreek maar ons kan by hulle in die baie ruim plaashuis bly. 
Ek sal liewers verder soek, seg ek vir manlief. 
Die dame skakel hom weer en hy bespreek die saak met my en ek stem in.
"Sien jy kans om by vreemde mense in 'n huis te bly?"  vra Raaitjie vir my. 
"Ek sien kans." antwoord ek met 'n benoude gevoel wat my keel wil toetrek. 
Watter ander keuse het ek?  Ons kan 50 kilometer verder in 'n beter plek bly, waar ek privaatheid het,  maar dit is 100 kilometer per dag wat manlief verder moet ry en die paaie is in 'n liederlike toestand.  Wanneer dit droog is is dit nie so erg nie.  As dit reën is die potgate vol water en dan is dit nag.  Nou ry hy 10 kilometer werk toe, dit is grondpad maar dit is nie te sleg nie. 
Manlief ry vroeg en kom laat terug.  Dit steur hom nie.
Sy het nie ander gaste nie en ons sal privaat wees.
Ek sal alles hê wat ek nodig het.  Die gasvrou sê sy het ook 8-ta bebruik en dit  werk.
'n Ruim slaapkamer met 'n private badkamer.
Sy sal vir my 'n privaat sit-eetkamer gee waar ek kan werk.
In die kamer is n yskas, net vir ons, waarin ons ons goed kan koud hou.
Ons onderhandel oor ontbyt en aandete, 'n redelike prys, so ek het nie 'n kombuis nodig nie. 
As ek nou nog wil kla sal dit net met 'n witbrood onder elke arm wees. 
So gesê so gedaan. 
Ons koop kaas, kouevleis, groente en vat ook 'n geskenkie saam vir die gasvrou. 
Toe ons stilhou word ons hartlik verwelkom en kry 'n toer deur ons blyplek. 
'n Ruim slaapkamer met 'n badkamer wat ons met die gashere deel.  ???
Dit is nog aanvaarbaar en ons pak uit. 
Toe ek die yskas soek om ons water en wyn in te pak, wys sy vir my 'n yskas wat so oorvol is dat daar nie veel plek is vir my nie.  Toe begin ek wonder...
"Sien jy kans?" wonder ek.
"Ja, hoe dan nou anders?"
Ons raak aan die gesels, maar gasvrou hou die hek dop.  Sy wag vir twee ander mans wat die vorige dag bespreek het.  Kort-kort skakel sy, maar hulle antwoord nie.  Nou is sy baie benoud.  Sy het genoeg gekook vir hulle ook. 
Toe dit tyd is vir 7de laan stol die gesprek.  Die klank vul die hele huis. Gasheer is effens doof.  Ek en Hannes gaan soek 'n plekkie onder die boom.  Daar kan ek ten minste rook.  Rook mos soos 'n stoomtrein. 
Na die nuus kan ons eet.  Half agt.  Dit pla ons nie.  Ons eet gewoonlik sewe uur in die week.  (As ons nie kuier nie.)
Gasvrou is baie omgekrap dat die ander gaste nie opgedaag het nie. 
"As hulle nie more opdaag nie dan sit ek julle in "daardie" kamer."
(Privaat met sy eie badkamer.)  ???
"Baie dankie, maar ek sien nie kans om alles weer in te pak en uit te pak nie."
Ek maak my rekenaar oop, sit 8-ta in, maar niks. 
Nou vertel sy dat sy wel 8-ta gehad het maar dit nooit gebruik het nie.  Sy het gedink al die bedieners is maar dieselfde.  "Sorry!"
"Ek sal maar weer Hannes se apparaatjie gebruik."
Hulle het ook ongelukkig nie DSTV nie.  Net die gewone kanale.  Die DSTV is net in die selfsorgeenheid beskikbaar, maar sy glo nie die mense wat daar bly sal omgee as ons saam met hulle wil gaan kyk nie.  ???
Gisteroggend is gasvrou dorp toe.  Sy vat die elektriesiteit saam.  *lag*  Sit sonder krag tot half twee.
Half ses is sy terug.  Geen probleem, die bediende kook en haar kos is smaaklik.  Sy het vergeet om te sê dat hulle kort-kort sonder krag sit.  ???
Die ander gaste het nie opgedaag nie. 
Gewoonlik eet hulle sesuur in die aand, vertel sy. 
Dit is nie 'n probleem nie, ons hoef mos nie saam te eet nie.  Die kos is in 'n bain mari.  Hannes kom eers half ses by die huis en dan wil hy met 'n glasie rooiwyn ontspan voordat hy eet.  Sy lyk nie baie ingenome daarmee nie.
Ons eet sewe uur.  Die kos is smaaklik. 
Vroegoggend sê gasvrou vir my dat die kamer wat sy vir ons gegee het, eintlik hul gastekamer is waar haar kinders slaap as hulle kom kuier.  Ek vra toe of sy hulle verwag?  Nee, maar sy en haar man is bang dat hulle ons pla in die nag en hulle moet op hulle tone loop omdat die plankvloere so kraak. 
Goed, ek sal na die ander kamer trek.
So gesê so gedaan.
Sowaar as wat padda manel dra: klop sy aan die deur.  Haar man sê sy moet eers weer die ander gaste skakel om te hoor of hulle nie dalk vandag sal opdaag nie voordat ons in hierdie kamer kan bly.  ???
Ek is raadop!  Hoe nou?
Sien jy kans?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #1 on: November 14, 2012, 11:07:00 AM »
Ek het nie raad nie. Dit is nie reg nie. Dit laat my dink aan die eenkeer wat ons vir 'n naweek weggegaan het en dit wat ons op daardie eenheid/plek laat besluit het, toe nie daar was nie. 'n Mens kan seker vir haar sê dat daar nie aan die voorvereistes voldoen is nie, maar dit sal weer onaangenaamheid veroorsaak. Sterkte.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #2 on: November 14, 2012, 12:35:25 PM »
As 'n mens 'n voorgevoel het moet jy daarna luister. 
Ek glo ook dat as ons 'n ander plek moet kry, dit so sal gebeur.  Op hierdie stadium wil ek dit net so gerieflik moontlik vir Hannes maak.  Dankie tog vir die forum.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #3 on: November 14, 2012, 05:53:31 PM »
Genade! Daai vrou is amper soos die bywoner in my huis. Irritasie. As my helikopter reg is, kom haal ek jou.sterkte

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #4 on: November 14, 2012, 10:48:05 PM »
Eish eish eish!! Ek stem vir Gawie se voorstel ... ons moet jou gaan haal. Sterkte matertjie, dit is baie onpro' van julle gasvrou en as daar plek (internet) is wat jy kan kommentaar lewer oor die diens daar, moet jy beslis jou mening lig!!!
Jy vra of ons kans sien? Aikona wena. Nee  :icon_salut:

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #5 on: November 14, 2012, 10:59:26 PM »
Helo Peter. Nee magtag! Dis verregaande! Ek ry saam met Hannes en hang soos 'n karos om sy nek as ek jy was. Lieven Loven

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #6 on: November 15, 2012, 05:02:10 AM »
Die ander gaste het toe nie opgedaag nie. 
Sophie sit die vinger naby  die oor en maak sirkeltjies.  Sy skud net haar kop.  Dit is blykbaar die oumies se
gewoonte.   :icon_biggrin:
Ons is ten minste nou nie meer in die hartjie van die huis nie en het ons eie badkamer.  O ja, en ons eie halflyf yskassie. 
Ek het gevra dat hulle een kas (so 'n outydse lywige kas, met deure aan die kante, laaie tussenin en 'n groot spieël in die middel) moet uithaal.  Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is mal oor die kas, maar hou baie meer van spasie en maermerries wat nie blou gestamp is nie.   :icon_biggrin: 
Toe plaas ek en Hannes die tafeltjie waarop my rekenaar is voor die venster.  Nou het ek 'n uitsig oor die tuin.
 
O hallie ha!  Laat ek julle hierdie een vertel.  As jy inkom by die sitkamerdeur, dan kyk jy op die kamerdeur en net langs die kamer is die badkamerdeur.  Ek glip toe in die badkamer in om te stort.  Trek my klere uit en klim in die stort.  Nou soek ek my sjampoo en ek draai die skrapse handdoekie om my grote lyf en glip by die deur uit om dit in die kamer te soek.  Daar sit die gashere met gaste!  Ek hoor net 'n gesnak na asem toe die kamerdeur agter my toeklap.   :angel4:
Maak my toe mooi "skaflik" maar toe ek uitkom is die "party" na die ander sitkamer toe.   :munky2:

Ons twiekies is toe dorp toe.  Nee wat, daar is werklik nie ander verblyf waar Hannes minder as 50 kilometer werk toe moet ry nie en die paaie is erger as wat hy dit beskryf het.

Hy wag nog vir die wa met die transformator en vandag ry ek saam met hom Malelaan toe vir 'n vergadering.  Dit word in 'n vakansieplek met 'n konferensiekamer gehou, so daar sal 'n plekkie vir my wees om te sit en wag. 

By Eskom se hekke kom jy nie in as jy nie 'n permit het nie.  Hannes het Maandag sy medies gedoen, gisteroggend induksie en more kry hy sy permit.  So, dit is 'n storie om 'n permit te kry en dit is net vir drie maande geldig, dan gaan jy weer deur die hele proses. 

Ag wat, ek het geweet dit is te goed om waar te wees.  'n Ou slaan nie twee keer na mekaar die "jackpot" nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #7 on: November 15, 2012, 05:40:09 AM »
sjoe...ek wens jou meer as sterkte toe......

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #8 on: November 15, 2012, 06:29:04 AM »
Hoop daar is ietsie rooi in daai halflyf yskassie mater!

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #9 on: November 15, 2012, 07:42:50 AM »
ek glo daai rooierigheid in die yskas sal jou borshare van staaldraad gee om die situasie te hanteer.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #10 on: November 15, 2012, 10:05:07 AM »
 :angel4:  Altyd 'n rooietjie byderhand, maar normaalweg wag ek maar met die rooietjie totdat die gemoedere weer normaal is.  Rooiwyn het nie remme nie en woorde gespreek met rooiwyn gegeur maak tweemaal so seer.  Hulle seg mos, uit die mond van die dronkaard sal jy die waarheid hoor.   :icon_biggrin:

Kyk nou, hier sit ek onder die sambreel by die hotel, heerlike moerkoffie, kuier saam met my maters en Hannes is in die vergadering.  Dit is 'n onweersdag en heerlik koel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #11 on: November 15, 2012, 01:35:26 PM »
Ek het jou mos gesê word manlief se stertjie. Hoe lank gaan julle nog daar moet bly? Ek wonder skielik of die pakkie al sy bestemming bereik het.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #12 on: November 15, 2012, 06:51:03 PM »
Ag Nonnatjie, jy weet mos al teen hierdie tyd.  Ons weet net nooit wat en wanneer nie.  Die transformator moes al gister hier gewees het.  Nou staat dit op Ermelo en more is daar 'n embargo op die pad.  Die span wat moet kom aflaai sal eers Maandag kom vir induksie.  So, dit lyk my ons kan huistoe gaan vir die naweek.  (Voel altoos soos 'n koshuisbrak.)

As hulle dus Dinsdag met die transformator se aflaai kan begin, dan kan hulle Donderdag begin om dit aanmekaar te sit.  As hulle naweke kan werk behoort dit teen Maandag aanmekaar te wees, dan word dit deur 'n groot perd (trok se perd) op spore getrek tot waar dit moet staan.  Teen die 28ste November behoort dit voor die "bay" te staan.  Dan word dit ingeskuif, die bushings word aanmekaar gesit, vakuum word getrek en dan word dit gevul met olie.  (70 duisend liter)
Dit neem dan 10 dae om die olie te sirkuleer om alle onsuiwerhede daarin te verwyder.  Die transformator (weeg 170 ton, sonder olie) word dan getoets en as alles reg is behoort ons die 20ste Desember klaar te wees.  Op voorwaarde dit reen nie, daar is nie stofwinde nie, daar breek nie van die parte nie, daar is nie olielekke nie, ens. ens. 

Die probleem met die "stertjie" is, dat ek nie by die kragstasie kan ingaan nie. 

Misa het nog niks laat weet nie.  Gelukkig het ek nou 'n strokie in die pos gekry vir my pakkie van Fransi af.  As ons nou huistoe gaan kan ek dit self afhaal as Ockert dit nog nie vir my gedoen het nie.  Ek kan nie wag vir my sepies nie!

Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #13 on: November 23, 2012, 05:51:10 AM »
Hannes en PM op die pad ....

of is dit nou

Hannes vat vir PM hier en daar ...

die titel moet jy maar besluit ... maar volumes vol sal dit wees en almal sal graag lees ...
maak 'n paar sente uit jou pyn se ek ...  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #14 on: November 24, 2012, 09:20:59 AM »
Die forum krioel van al my ervaringe.  Soms is dit goed, soms is dit sleg, maar die voordeel wat ek het is om snags agter Liefie se rug te mag inkruip.  Daarvoor stap ek deur die Apiesrivier en jy weet hoe gevaarlik is DIT.  :icon_biggrin:

Dit is vir my baie erg om blyplek te soek. 
'n Mens word soms liederlik mislei net omdat die mense nie wil hê hul plekke moet leegstaan nie.  Ek sê ook vir jou, dit is nie 'n grap om in en uit te pak nie, ook nie om net daar te besluit jy bly nie daar nie.  Gewoonlik kom jy laat op 'n plek aan en dan is daar nie 'n kans om sommer net verby te hou nie.  Soms gaan soek jy die volgende dag ander blyplek, maar jy het klaar die beste gekry wat daar in die omgewing is. 
As mense dan eerlik is met jou en sê wat die verblyf behels, dan kan jy voorsorg tref.  Nou sit jy maar in die situasie en "bly dit uit". 
Gelukkig maak ons maklik vriende, oorkom maklik struikelblokke en dit help geweldig baie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #15 on: November 30, 2012, 01:07:51 PM »
Nog net twee slapies, sustertjie. Die vasbyt is amper verbyt.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #16 on: November 30, 2012, 03:38:47 PM »
Ag dankie tog.  Gelukkig is vandag ook amper verby.  Ek wag nou net dat die vliegtuig oorkom, dan kan ek my sorge versuip.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #17 on: September 11, 2019, 11:00:46 PM »
 :angel4:
"Rooiwyn het nie remme nie en woorde gespreek met rooiwyn gegeur maak tweemaal so seer.  Hulle seg mos, uit die mond van die dronkaard sal jy die waarheid hoor."

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #18 on: April 03, 2020, 02:41:10 PM »
En so . . . het ons lewens soos dag by die nag verander.  Hier sit ons nou in die bosveld tussen die diere.  (Die meeste van die bure is "opgelok" in die stad.)  Dit is regtig stil en rustig.  Almal bly in hul huise. 
Ek sukkel nie meer met verblyfsoek nie.   :icon_biggrin: [size=78%]  [/size]


Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #19 on: April 15, 2020, 01:07:44 PM »
sterkte PM
hier is dit ook rustig op die plaas, ons beweeg min, gelukkig mag ons darem aangaan met werk maar nie onnodig dorp toe ry nie.
gelukkig is ons voorrade ook hoog genoeg

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #20 on: April 15, 2020, 04:09:51 PM »
My liewe AB.  Ek mis jou 'n hond uit 'n bos uit!  Gelukig het ek nog 'n 5lt kannetjie wyn wat net wag om oopgemaak te word.  :angel4:


In onse klein dorpie is groente en vrugte 'n rariteit.  (Ek hoop nie Raaitjie of Naas lees hier nie, hulle sal my stenig.)  :icon_biggrin:


Ek dink, ons op die plase, ver van die stede, is bevoorreg.  Ons het nou wel nie die gerief  nie, maar ons het die vrede.

Dan glo ek ook natuurlik, what will be will be.  So be it! :angel12:

Ek mis julle.  My hart gaan uit vir 'n ieder en 'n elk van julle en jul families  en hoop van harte dat julle veilig sal wees.

Ek dink ons moet regtig 'n bus reel om saam te kuier,  na hierdie episode!  Almal moet hulle inset lewer.  Kom ouens, laat die vure brand!


« Last Edit: April 15, 2020, 04:12:21 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #21 on: June 08, 2020, 11:17:40 AM »
Sal jou nie stenig nie hoor! Ons mag uiteindelik weer die naweek ons wieletjieshuis hak en vir drie dagies vars lug gaan opsoek. Natuurlik met in ag geneme die veiligheidsmaatreels teen die gevare van die gogga wat nog steeds in ons midde is. Solank ons nie een van die ses state se grense oorsteek nie, is oom Polisieman tevrede en bly sy boekie in sy sak.  Ek sal net al om die toegekende staanplek dwaal en alle kontak vermy en natuurlik ons eie badkamergeriewe gebruik. My ukulele gaan saam sodat ek nie verkeerde snare tokkel en amok maak nie. Deesdae baie kort gesnaar om die een of ander duistere rede...
 :angel4:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #22 on: June 11, 2020, 08:22:02 AM »
As daar iemand is wat 'versigtigwees' 'n ander betekenis gee, is dit jy lief Raaitjie. Geniet die wegbreek!  :love7:  :coffee2:
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #23 on: June 11, 2020, 09:52:04 AM »
 :love7: Dankie baie baie liefste matertjie, die wieletjieshuis is gepak en more oggend DV vat ons die pad (gelukkig net 2 ure van kangeroe-paaie) tot by die warmbron. 3 Salige dae van vars lug  :toothy4:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #24 on: June 11, 2020, 10:58:02 AM »
Veilig ry ook, hoor. Hier is dit nou koud, kouer as koud voel dit vir my. Die Kaap het haar stormkultuur gestand gedoen en nou tref alles die binneland, asof dit nou ons skuld is  :toothy4:
adéle  :grommit:

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #25 on: June 11, 2020, 03:12:14 PM »
yskoud by ons en berge spierwit van sneeu

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #26 on: June 12, 2020, 10:01:39 AM »
Lekker om te sien hier is 'n kuiertjie aan die gebeur.  Hier by ons is dit nog nie so yskoud nie, maar ons voel die sneeu in die lug. 
Ek is net dankbaar ons kry weer 'n ietsie om te drink. 


Geniet julle kamp Raaitjie. 


Die sneeu lyk seker baie mooi AB. Miskien kan ons 'n fototjie sien?


Ek het aan jou gedink toe ons sien hoe koud dit daar in julle area is Adele.  Hoe sal ons dan nou 'n somer waardeer sonder 'n winter?
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #27 on: June 17, 2020, 03:19:57 PM »
ek sukkel met die fotos laai.
is nogal koud hier maar ek hoor in karoo is dit baie erger kouer as hier.
ons het lekker reen eghad so week gelede, ons kort nog baie en glo daar sal nog kom.
worcster se een dam het van 55% na 77% in een reenbuit gestyg, ek diaar in di eberg kon dit maklik 180 mm gereen het


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: "Sien jy kans?"
« Reply #28 on: June 24, 2020, 11:33:58 AM »
Ek hoop julle sal al die reen kry wat nodig is.  Ons, hier in die Limpopo het 'n pragtige reenjaar gehad.  Alles was groen en vars en die diere het genoeg kos gehad.  Die inwonders hou self die paaie in stand, en dit was nogal 'n uitdaging met die baie reen.  (Ons het natuurlik grondpaaie.)


Hoe gaan dit met die wynmakery AB?
Om te weet is om te verstaan.