• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

PM, krag en internetspoed

Started by PM, April 19, 2012, 04:51:15 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek kon nie vandag halfpad deur die forum kom nie.  Die internet is so stadig, elke gatseggie vat 10 sekondes om oop te maak.  Dit is 'n nagmerrie.
Ons gaan nou lodge toe om te gaan kyk of ons 'n stortplek vir ons mense moet gaan soek.  Die krag sal sekerlik nog nie herstel wees nie.
More sal ek maar weer hier kom werk anders raak ek dalk van my trollie af.  Is al klaar goed ontspoor!
Lief julle.
:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :coffee2: hier's  a koppie boeretroos om net so bietjie die tracks op koers te hou  :love7:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Oee simpatie matertjie. Ek het gou tydjie gesteel en saam julle koppie koffie kom geniet. Nou moet hierdie ouma spring en begin pak. Liefde in onse kringetjie. Sien weer oor paar dae!

PM

Dankie matertjies.  Mag julle 'n pragtige dag hê.
Geniet die kuiertjie by die see Raaitjie.  Kom veilig huistoe.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Net gou laat weet: ons kuier heerlik! Besig besig besig. Kan skaars glo dit is al ons sesde dag met kleingoed. Ouma en oupa het spiere ontdek (wat pyn asof hulle dink daar bonus aan die einde van die dag) en ons dog hulle kom net voor op die prentjies in spreekkamers :)

PM

Jy meen jy pyn op plekke waar jy nie eers geweet het jy hêt plekke nie.  :icon_biggrin:
Foeitog, ek dink aan julle.  Dit is amper verby, maar dan gaan jy die kleingoed weer met 'n passie mis.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Hiehiehie...net herstel en terug in die wiegietuig. Meisiekind en haar drietjies kuier vir die langnaweek hier by ons. Kleinman slaap by oupa en ouma en drink nog elke twee ure, so oupa maak melk warm en ouma voer, tussen ons twee skud ons winde uit  :toothy4:

Die ouma gaan dus eers weer Maandag kansie kry om regtig my gewig by die forum in te gooi. Lekker trek en terug gaan huistoe mater!!!Ons kuier weer.

PM

Dit is darem beter in 'n mens se eie plekkie. Geniet die popspeel wat harde werk is hoor.  :angel4:

Ons het gister oorgetrek na Gabarone.  Die plek hier is netjies en skoon en ruim en hier is groen gras en water en krag en seine en lugreëling en kyk hoe mooi span ek die voegwoordjies in.  :icon_biggrin:
Manne, dit is nog primitief en dit is nog Bosswanna, maar vir ons is dit vyfster!
Hannes hulle wag vir die laaste olietanker (die 5de een) en as dit oorgetap is in die transformator teen Maandag, dan kan ons afteken en skidaddle, huistoe.  Nou, hier waar 'n bietjie meer beskawing is en 'n mens nie knaend sand tussen jou tanne kou nie en klippe in jou skoene het nie, klink 'n ekstra dag nie na iets om van histeries te raak nie.  :icon_biggrin:
Mooigaan matertjie, geniet die familie, hier is genoeg om almal van ons 'n rukkie besig te hou.  :love7:


Om te weet is om te verstaan.