Ek is passievol oor die Skepping en God van Hemel en Aarde en toe ek die title sien het ek gewonder wat loer en wag hier .....
en wat kry ek
die mooiste mooi string ingerygde pȇrel-woorde!!
Een van my oupagrootjie se baie plase was Palmiet - hy was daar gebore,
die gedig het my ondmiddelik aan hom laat dink. Hy het Palmiet van my groot-oupa-grootjie ge-erf,
en daar kan ek julle baie dinge vertel rondom panteïsme en diffusie en vrymeselaars ...
so hoe gepas dat die prag gedig my weg gevoer het in 'n woordegang van die mooiste mooi,
maar ook laat onthou het van 'n oupa-grootjie en 'n groot-oupa-grootjie van Palmiet.
Elke woord van jou prag gedig sluk my in ...
maar die is die mooiste verby :
en pen wolke in kuikendons
die wit en grys van duif.