Vanuit die
"Tools" funksie kies jy
'Paint Brush'. Lees die instruksies of volg die kort video om te sien wat hierdie funksie jou alles bied. Ek het die omlyning gedoen vir 'n vakansieprojek vir mammas wat kabouters wil besig hou. Laat hulle eers 'n peuselhappiefiguurtjie maak. Neem dan 'n foto en laat hulle die program gebruik vir 'n kunswerkie wat hulle kan deel met die familie, maters ens. Die 'undo' funksie maak dit maklik om foutjies te herstel en oor en oor op selfde fototjie te oefen.
Baie goeie 'hand-oog koördinasie' oefening vir die kabouters.
Die voor en na foto het ek met die program se
'Combine' funksie uit die 'toolbar' heelbo aan die blad gedoen. Daar waar
Viewer, Editor, Batch Editor, Page,
Combine, Animated GIF, Print en PhotoScape is.
Jy sleep die fotos wat jy wil gebruik oor na die regterkant nadat jy die funksie gekies het. Daar kan jy kies of dit langsmekaar of ondermekaar moet verskyn. Lekker speel!