• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ockert

Started by PM, March 27, 2012, 01:13:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Die van julle wat boeke het sal weet dat Ockert se storie daarin ook is.
Hy het gisteraand 'n ligte hartaanval gehad en weer vanoggend, is opgeneem in die hospitaal vir toetse.  Hou tog styf duime vas dat dit nie baie ernstig is nie.
Ons sit nou en wag om te hoor wat die uitslae is voordat ons ry. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

nog nie my boek in myse hande nie, maar sal Ockert in gebed hou - ons vertou dat alles goed sal uitdraai vir hom!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Trapsoetjie

Sjoe dis vreeslik. Dink aan hom.

Willa  :color: ek het nog jou boek, ons moet 'n plan maak man...eish ek is net so vrek besig, het nie eers tyd vir huis skoon maak nie.  :color:. Ek gaan jou inbox later. Dis sommer nonsies eish... :icon_biggrin:

:angel12:

PM

Hulle het nou vir hom 'n stent ingesit en hy sal twee dae in intensief wees.  Eish, so kan 'n mens se hart amper gaan staan!  Ek bedoel myne!
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dis goed, hulle kan hom help.

:angel12:

Ah Willa

ja PM - alhoewel die hard die mees geoefende spier en sterkste spier in die liggaam is, kan dit baie hardkoppig wees en net skielik loop stil staan ...

Darem is daar heelwat mediese tegnolgie waarmee hulle die rooi orgaan se lewe mee kan verleng  :hello2:

Trappies .. ons maak 'n tee-date .. het jou geinbox .. die lewe is mos maar nie net 'n box chocolates nie ... ongelukkig is daar beesmis ook wat ons moet verwerk en heelwat tyd opneem ... sodra vadertjie tyd nou weer vriendelik smile op dieslefde oomblik vir jou en my .. dan kom ons bymekaar ...
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

SJoe! Dra asb ook ons spoedige/volkome herstel oor aan hom asb ouens.

PM

Hier's ek!  Dankie julle.
Ons het gister voor ons deur die grens is verneem dat dit nog goed gaan.  Hoop ek sal vandag goeie nuus ontvang. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Beterskap aan Ockert en sterkte aan sy familie van my kant, asb PM.
As jy dit sal oordra.

Dankie
elle

Fransi

Baie sterkte vir hom en sy familie en mag hy volkome herstel.

PM

#10
Ockert is vandag uit die intensiewesorgeenheid.   :hello2: Dit gaan baie beter met hom.
Dankie vir almal se mooi wense.  Ons hoop dit gaan net elke dag beter met hom.  
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w