Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Die Inligtingkantoor => Topic started by: PM on March 27, 2012, 12:13:00 PM

Title: Ockert
Post by: PM on March 27, 2012, 12:13:00 PM
Die van julle wat boeke het sal weet dat Ockert se storie daarin ook is.
Hy het gisteraand 'n ligte hartaanval gehad en weer vanoggend, is opgeneem in die hospitaal vir toetse.  Hou tog styf duime vas dat dit nie baie ernstig is nie.
Ons sit nou en wag om te hoor wat die uitslae is voordat ons ry. 
Title: Re: Ockert
Post by: Ah Willa on March 27, 2012, 12:27:30 PM
nog nie my boek in myse hande nie, maar sal Ockert in gebed hou - ons vertou dat alles goed sal uitdraai vir hom!
Title: Re: Ockert
Post by: Trapsoetjie on March 27, 2012, 12:43:18 PM
Sjoe dis vreeslik. Dink aan hom.

Willa  :color: ek het nog jou boek, ons moet 'n plan maak man...eish ek is net so vrek besig, het nie eers tyd vir huis skoon maak nie.  :color:. Ek gaan jou inbox later. Dis sommer nonsies eish... :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Ockert
Post by: PM on March 27, 2012, 12:50:55 PM
Hulle het nou vir hom 'n stent ingesit en hy sal twee dae in intensief wees.  Eish, so kan 'n mens se hart amper gaan staan!  Ek bedoel myne!
Title: Re: Ockert
Post by: Trapsoetjie on March 27, 2012, 12:52:39 PM
Dis goed, hulle kan hom help.

 :angel12:
Title: Re: Ockert
Post by: Ah Willa on March 27, 2012, 02:12:36 PM
ja PM - alhoewel die hard die mees geoefende spier en sterkste spier in die liggaam is, kan dit baie hardkoppig wees en net skielik loop stil staan ...

Darem is daar heelwat mediese tegnolgie waarmee hulle die rooi orgaan se lewe mee kan verleng  :hello2:

Trappies .. ons maak 'n tee-date .. het jou geinbox .. die lewe is mos maar nie net 'n box chocolates nie ... ongelukkig is daar beesmis ook wat ons moet verwerk en heelwat tyd opneem ... sodra vadertjie tyd nou weer vriendelik smile op dieslefde oomblik vir jou en my .. dan kom ons bymekaar ...
Title: Re: Ockert
Post by: Meraai vannie Baai on March 28, 2012, 01:18:16 AM
SJoe! Dra asb ook ons spoedige/volkome herstel oor aan hom asb ouens.
Title: Re: Ockert
Post by: PM on March 29, 2012, 08:32:01 AM
Hier's ek!  Dankie julle.
Ons het gister voor ons deur die grens is verneem dat dit nog goed gaan.  Hoop ek sal vandag goeie nuus ontvang. 
Title: Re: Ockert
Post by: Angelica on March 29, 2012, 06:11:30 PM
Beterskap aan Ockert en sterkte aan sy familie van my kant, asb PM.
As jy dit sal oordra.

Dankie
Title: Re: Ockert
Post by: Fransi on March 30, 2012, 06:52:20 AM
Baie sterkte vir hom en sy familie en mag hy volkome herstel.
Title: Re: Ockert
Post by: PM on March 31, 2012, 02:53:19 PM
Ockert is vandag uit die intensiewesorgeenheid.   :hello2: Dit gaan baie beter met hom.
Dankie vir almal se mooi wense.  Ons hoop dit gaan net elke dag beter met hom.  
Title: Re: Ockert
Post by: Ah Willa on March 31, 2012, 02:58:34 PM
Dis goeie nuus