• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Maalvleispastei

Started by Meraai vannie Baai, October 11, 2012, 02:22:32 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

Ek was alweer verlei deur 'n pastei ... Outop het homself oortref  :icon_biggrin:



Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante. Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik!

Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies. (jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.

Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings.
Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie & Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel.

As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.
:toothy4: Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!

Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie.

Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie. Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak :icon_biggrin:

Na die vulselmengsel en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so) jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai.

Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.

Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol kaas ook oorstrooi  :evil6: Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n potjie sit :icon_bigsmurf:

Plaas terug in oond vir kort rukkie tot kors begin donker word.

Dien op en geniet.

Fransi

Dit lyk besonders lekker!

PM

Hierdie resep lees soos 'n kortverhaal en ek sal dit beslis aan myse hartlam oorhandig.  Die humor kom sommer so saam met die geure by die venster in as ek dit lees. 
Baie dankie Raaitjie en Outop!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

PM ek dink die ene sal ook werk vir die resepteboekie?  :toothy4:

PM

Natuurlik, uitstekend!  Stuur eers 'n stukkie met die poskoetsie saam!  Njammies!
Om te weet is om te verstaan.

adele

perfekte eerste bladsy-reseppiekie!!   :hello2:   en so stukkie komtaar pas ook daarby    :love7:

Quote from: PM on October 11, 2012, 09:05:22 AM
Die humor kom sommer so saam met die geure by die venster in. 
Baie dankie Raaitjie en Outop!  :love7:

:grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Hiehiehie, daar is nog so paar waar hierdie vandaan kom en ons deel graag! Ek het arig begin bymekaar maak (fotos en Outop se manier van maak) vir die kinders se kersgeskenk-resepteboekies,  :icon_bigsmurf: skandelik nog nie daarby uitgekom nie en baie bly dat dit nou hierso staanplekkie gekry het. Jy kan plaas en gebruik na hartelus matertjie  :bootyshake:

Dawie

Die stout seun is hier....