Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Maalvleisgeregte => Topic started by: Meraai vannie Baai on October 11, 2012, 01:22:32 AM

Title: Maalvleispastei
Post by: Meraai vannie Baai on October 11, 2012, 01:22:32 AM
Ek was alweer verlei deur 'n pastei ... Outop het homself oortref  :icon_biggrin:

(http://i847.photobucket.com/albums/ab33/raaitjie/Alweerverleideurnpastei.jpg)

Heel eerste sny my ou maatjie die voorafgemaakte degie in vierkante. Groot genoeg om die muffinpannetjie se holtes te kan vul en as jy weet daar gaan genoeg vulsel wees, kry nog 'n bak. Outoppie maak gewoonlik genoeg om ook een groter pan te vries. Hierdie pasteitjies vries en ontdooi wonderlik!

Dan braai die ou hartvriendelike maalvleis, so handvol uie en paar gekerfde knoffelhuisies. (jy ruik ons voor jy ons sien) LOL.

Geur na smaak. My hartlam strooi mildelik uit die 'entice with spice - create the exceptional' verpakkings.
Dit is sweet cajun en ook so lepel of wat uit die gewone Cajun kruiepakkie plus 'n knypie kerrie & Mevrou balletjies se soetigheid in 'n bottel.

As die maalvleis gaar is rek Outop dit met Vier Bone uit 'n blikkie - die soort wat nie sout bygevoeg is.
:toothy4: Soutloos het mos saam die alfabet by ons voordeur ingesluip so daar moes plan vir geur gemaak worre!

Kook die spulletjie saam vir 'n rukkie.

Proe en deel (vir die wis en onwis) vir 'n tweede opinie. Ek moet paar lepels hap NET om doodseker te maak van die smaak :icon_biggrin:

Na die vulselmengsel en bone bietjie gesels het met mekaar gooi hy 'n paar gesnyde mushrooms in (ons hou van die tekstuur van dit so) jy kan dit saam met die vleis en uiemengsel braai.

Skuif pot eenkant toe om af te koel. Gooi 'n glasie wyn.

Maak nou 'n pakkie instant mash aan. Die tekstuur moet nie te styf wees nie. Skep lepels vol van die vulsel in die gebakte korse. Plaas dan die mash bo op, garneer soos verkies en as niemand sien nie kan jy handjievol kaas ook oorstrooi  :evil6: Outop het voorheen ook nog 'n lagie deeg bo oor gevleg en blommetjie gerangskik vir my maar nou moet ons ewe liefies die kaloriekies tel en die blomme in 'n potjie sit :icon_bigsmurf:

Plaas terug in oond vir kort rukkie tot kors begin donker word.

Dien op en geniet.
Title: Re: Maalvleispastei
Post by: Fransi on October 11, 2012, 07:26:59 AM
Dit lyk besonders lekker!
Title: Re: Maalvleispastei
Post by: PM on October 11, 2012, 08:05:22 AM
Hierdie resep lees soos 'n kortverhaal en ek sal dit beslis aan myse hartlam oorhandig.  Die humor kom sommer so saam met die geure by die venster in as ek dit lees. 
Baie dankie Raaitjie en Outop!  :love7:
Title: Re: Maalvleispastei
Post by: Meraai vannie Baai on December 01, 2012, 10:13:56 PM
PM ek dink die ene sal ook werk vir die resepteboekie?  :toothy4:
Title: Re: Maalvleispastei
Post by: PM on December 03, 2012, 05:40:05 AM
Natuurlik, uitstekend!  Stuur eers 'n stukkie met die poskoetsie saam!  Njammies!
Title: Re: Maalvleispastei
Post by: adele on December 03, 2012, 12:28:51 PM
perfekte eerste bladsy-reseppiekie!!   :hello2:   en so stukkie komtaar pas ook daarby    :love7:

Die humor kom sommer so saam met die geure by die venster in. 
Baie dankie Raaitjie en Outop!  :love7:

 :grommit:
Title: Re: Maalvleispastei
Post by: Meraai vannie Baai on December 03, 2012, 11:12:05 PM
Hiehiehie, daar is nog so paar waar hierdie vandaan kom en ons deel graag! Ek het arig begin bymekaar maak (fotos en Outop se manier van maak) vir die kinders se kersgeskenk-resepteboekies,  :icon_bigsmurf: skandelik nog nie daarby uitgekom nie en baie bly dat dit nou hierso staanplekkie gekry het. Jy kan plaas en gebruik na hartelus matertjie  :bootyshake:
Title: Re: Maalvleispastei
Post by: Dawie on December 04, 2012, 09:50:09 AM
Hoe water my mond nou...