n.a.v. Willa se perskes met kerrie inni room, perskes met kerrie is baaaie lekker, dit pas soos kluitjies en kaneel
PERSKE-KERRIE SLAAI
1 blik (840g) pynappelstukke knypie sout
1 blik (820g) perskes in perskesap 37,5ml witsuiker
1 fles (390g) wit suur-uitjies 25ml mielieblom
2 blikke (420g elk) boontjies in tamatiesous
Dreineer en snipper die perskes, hou die sap.
Dreineer pynappelstukke en hou die sap.
Dreineer die asyn van die suur-uitjies.
Meng asyn, sappe, kerrie, suiker, konfyt en sout.
Kook dit vir 10 minute.
Voeg perskesnippers, pynappelstukke, heel uitjies en
boontjies in tamatiesous by.
Maak mielieblom met bietjie water aan en roer by.
Kook alles 5 minute tot dik. Laat afkoel.
Die slaai kan lank in die koelkas bewaar word.
KORINGSLAAI MET KERRIE EN PERSKES
Slaai: Sous:
200g(250ml) koring 50ml sonneblomolie
1 groot soetrissie gekap 3ml borrie
1 groot ui gekap 6ml matige kerriepoeier
1blik ingelegde perskeskywe 25ml blatjang
gedreineer 25ml suiker
25ml asyn
Kook koring tot gaar in soutwater en spoel af onder koue lopende water.
Meng rissie, ui en perskeskywe met die koring.
Meng slaaisous bestanddele saam in ‘n digte houer tot suiker opgelos is.
Gooi oor slaai en meng goed.