Author Topic: Sleepless in Seattle...  (Read 5566 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Sleepless in Seattle...
« on: January 25, 2012, 01:58:21 AM »
... sou gepas wees as ek in Seattle was, maar nou is ek in Cape Town.
Ek bly in een van daardie duiwehokke waar daar ook kraaie en naguile woon.
As hulle nie bedags koer en remoer nie, baklei die klomp snags, ag en sommer bedags ook.   :lurk:
Wanneer slaap die mense? Werk hulle dan nie?  Of is dit net ek wat moet slaap omdat ek werk..   :BangHead:
Weet nie of julle al daardie wilde Amerikaanse flieks gesien het waar die klomp mekaar so skel vanuit hul huise met, Shut up, en m..f..s en al daai goed.
 :violent1:
Wel, in die middel van die nag voel ek om myself so te verneder om so te gil op die spul.  Miskien moet ek vir hulle die Leviete voorlees.   :evil5:
Hoe ek die dag nugterwakker tot vanaand gaan omkry, weet nugter.
Sal maar gaan le en rondrol en verlang na stilte.
Verbeel ek my of is die afgelope paar weke verskriklik besig in die misdaad-wereld?
Ek het 'n slaaptyd storie nodig.
Ek wil nou so wees... :sleepy1:
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Sleepless in Seattle...
« Reply #1 on: January 25, 2012, 02:03:53 AM »
Soete rus verpak ek nou diekant vir jou Angelica en dit stuur dit op die engeltjie se vlerke  :angel8:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Sleepless in Seattle...
« Reply #2 on: January 25, 2012, 02:12:09 AM »
 :hello:
dankie.
Ek het 'n ietsie deur die venster gefluister en nou is hulle stil.
More skryf ek 'n briefie aan die Body Corporate. Genoeg is genoeg.  :nono:
Of dalk voel ek anders as ek twee uur se slaap inkry.
Nithty, ek gaan nou inkruip onder daai engeltjie se vlerkies.
 :angel8:
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Sleepless in Seattle...
« Reply #3 on: January 25, 2012, 09:08:56 AM »
Nee wat, as hulle nie so hard raas nie gil ek....basta seker mense verstaan net 'n sekere taal ongelukkig en skel is die beste een. As hulle te hard raas en ek weet hulle gaan nie my skril stem hoor nie, dan bel ek Oom Blou Broekies, hy kom gou en maak hulle stil. Nee jammer, my dae van laat maar gaan, is verby, jy gee 'n pinkie dan gryp hulle jou hele arm, nee dankie. Ek het daai arm nodig more oggend by die werk.  :evil6:
 :angel12:

PS: Dan moet jy my sien as iemand dit waag om "crackers" te skiet!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Sleepless in Seattle...
« Reply #4 on: January 25, 2012, 09:44:37 AM »
Ek hoop jy het toe darem 'n rukkie slaap ingekry Ellé. 

Daar is niks so irriterend soos 'n spul raserige mense, blaffende honde en jagende voertuie nie.
Kortweg, ek haat lawaai.  'n Mens sit in 'n restaurant en al die gaste skree harder om mekaar te hoor bo die "agtergrondmusiek".  'n Vriendin van my  MOET  haar radio die hele dag aanhoor.  Ons gaan saam jag en Elsa se radio speel.  Ons gaan kamp in die wildtuin en Elsa se radio blêr al die dieregeluide weg.  Vyfuur in die oggend is sy op en die radio luid aan, of die gaste nog slaap of nie.
Met so 'n bekgeveg sal ek al my varkies verloor.  :nono:

Ek verstaan die misdaad in die Kaap neem erenstig toe.  Hier is ons gepantser met die hoogste staal- en ge-elektriese heinings, lemmetjiesdraad, alarms binne, buite en bo-op die huis, en kameras...  en om daardie ekstra beskerming te bied, die polisie, metro, Chubalarms, Computeralarms, ADT en die buurtwag.  Eish!

Die skiet van vuurwerke is teen die wet. Hier kry die ouens R500.00 boete. As mense besef wat dit aan die diere doen sal hulle ophou om vuurwerke in die dorp te skiet.

Om te weet is om te verstaan.