Was nou 'n hele week weg na iemand se plaas toe. Met ons karavaan. Minouchka was natuurlik ook saam. Net ons drie. O was dit lekker. Lekker uit gerus. Glo dit of nie maar na die tweede nag slaap ek deur. Soms tot 9h00. Dit gebeur nooit meer nie.
Ons eerste aandjie terug en ek word soos gewoonlik 3h00 die oggend wakker en begin weer met spoke stoei. Nou vra ek wat was die lekker week nou eindlik voor?
Elkgeval, dit nou daar gelaat. Liefie verf en maak reg (vensters wat wil uitval want die hout is nie meer hout nie.) Maak Oma se bank reg ens. Van oggend gou gaan straat werk doen en terug tuis en verf verf en o ja verf. Kombuis is nou gedoen en die gang. Nou is liefie besig met Ouboet se sitkamertjie, Okay dis seker nie 'n sit kamertjie nie net 'n stukkie wat sy badkamer en slaapkamer skei.
Ek het gou 'n koppie tee gemaak om te kom loer wat hier aangaan. Die probleem is ons is met vakansie en ons werk ons oor 'n mik.
Om alles reg te kry vir volgende jaar, want dan werk ons by ons werke en dan is daar nie tyd vir al die regmaak en skoon maak en uit pak en weg gooi nie. O ja dit bring my na dit wat ek besig was om te doen na my help verf en voor ek kom sit het. Kombuis kaste uit pak skoon maak en terug pak. Is dit net ek of gaar julle ook soveel gemors op soos ek. My magtig die eerste kas of rak van die kas waarmee ek nou besig is, haal ek 'n "WOK" uit (ps dit werk al jare nie) o ja en een van die glas oonde wat Adrian verkoop het. (PS dis nie die een wat Adrian verkoop het nie maar die "namaaksel" o ja en dit werk ook nie)
Vir wat hou ek dit?
Dan was daar 'n water bottel dingetjie watse naam, die lek.
So kan en aangaan en 'n hele boek skryf oor wat ek nou alles gaan weggooi. Dis een kas bo my stoof ek het nog nie die een onder begin nie. Daardie een is so vol 'n muis kan letterlik nie sy kleintjie daar kry nie.
Okay my tee is klaar en ek gaan maar klaar maak, want as "diefie" besluit hy wil dalk dit waag om by my in-te-breek, sal hy net so omdraai en dink, Shame hulle is alklaar van al hul goed beroof. Alles staan of in die middel van die vloer of op mekaar op kaste en deur hang oop, ag ek is seker julle kry die prentjie.
O ja dan moet ek nog voor die 3de 'n "indemnity" tik. Vir ons kuier mense. Ek het slange, honde, 'n swembad en trappe, wil nie nog 'n hofsaak ook aanhange maak as iets met hulle gebeur nie.