Ek weet dit help. Ons het 'n stelsel buite die huis. Dit is draadloos en maklik om te koppel. Jy kan op al die strategiese plekke 'n oog sit en sodra iemand daardie straal breek is jy bewus daarvan.
Ons stelsel het 'n sms sisteem in wat dadelik vir jou 'n sms stuur en sĂȘ watter oog is geaktiveer.
Vandat ons twee kameras voor die huis opgesit het, het ons nog nooit weer las gehad nie.
Ons het 'n buurtwag in die omgewing.
'n Radio kos R1000 en ons het al 1000 radios op bystand. Ons buurtwag werk nou saam met die polisie en die Metro en ook al die ander sekuriteitsinstellings in die omgewing.
Reaksietyd is niks meer as twee minute nie.
Moenie verbaas wees as jy roep en agt voertuie stop binne minute voor jou deur nie.
Vanoggend het iemand wat epeliptiese aanvalle kry geroep om hulp en binne een minuut was die naaste voertuig op patrollie voor sy deur.
Met die radio wat langs my staan weet ek presies wat het wanneer waar gebeur. Gisteraand het 'n huis in ons omgewing afgebrand. Voordat jy die brandweer se sirene gehoor het, het jy geweet waaroor gaan dit. Jy druk net 'n knoppie en praat. 'n Selfoonoproep neem te lank.
Dit is die moeite werd, deur en deur.