• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Kan jy Soen en Bestuur???

Started by Angelica, July 07, 2013, 07:09:06 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Aspoestertjie

Antie PM is reg. Die lugsakke skakel af as die sitplekgordels af is.
Volgens my slim oom wat net twee grade kort dan's hy 'n gradeboog, ontplooi die lugsak te stadig en as jou veiligheidsgordel nie jou vorentoe momentum stuut nie slaan die lugsak jou half onder die ken en kan dit groot skade veroorsaak.
Lugsakke moet ook nie saam met kinderstoeltjies gebruik word nie, Soos alle goeie motors vandag het ons trekker ook 'n knoppie waar jy die bestuurskant se lugsak kan afskakel as 'n kind die veiligheidsgordel dra, of daar 'n babastoeltjie op die passasierssitplek is.
Die baba is seker die gevolg van die soen en parkeer?



:mumum:
Oupa sê: Wyshyd is die truspieël van die ouderdom.

PM

 :icon_biggrin: Ek hou van daai slim oom van jou Assie.  Jou oupa is seker 'n gradeboog.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Ek bulder alweer onvroulik. Sal my leer om oor 'n gas se skouer te loer  :toothy4:

Naas

Nee wat PM. Assie sal nie spog nie maar haar Oupa is al by die gradeboog verby. Hy is al 'n gradesirkel.

:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

#19
O hallie ha!  Oupa met al sy grade, en ruggraad en pagraad en oupagraad!
Ek is lekker vodde en gaan nou inkruip.  Sal julle more weer raak kuier.
Lief julle en lekker slaap!
Om te weet is om te verstaan.