My seun se bakkie breek.
Nie hy of ek het geld om die ding te laat hetstel nie.
R25400 en ses maanse later is die bakkie reg. Intussen wag 'n firma geduldig vir hom om sy vervoer uit te sorteer sodat hulle hom 'n vervoerkontrak kan aanbied. Ons sukkel aan met twee voertuie. (Danksy 'n baie goeie vriendin het ons twee voertuie.)
Toe breek Maatjie se ratkas en ons het een voertuig om mee oor die weg te kom.
Die bakkie is eintlik klaar en ons het weer twee voertuie maar nie geld om Maatjie te laat regmaak nie.
My seun kan nie meer op die bakkie vertrou om sy nuwe werk mee te doen nie en gaan 'n huurkooptransaksie aan om 'n ander bakkie te bekom voor sy kontrak Donderdag in werking tree.
Die transaksie is nog nie deur nie... Gisteraand pak die onbetroubare bakkie se ratte ook op...
Terug by een voertuig want Maatjie staan ook nog. Die huurkoop en nuwe kontrak is in gedrang omdat my seun se bakkie nou nie meer inruilbaar is nie en hy maak vandag klaar by sy huidige werk.
Wat nou nog?
Vra my hoekom ek stil is...
Ek is depressief en wil nie my probleme ander s'n maak nie. (En hierdie komende maand is nie my gunsteling tyd van die jaar nie.