• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

maagde kan geld kry

Started by Lox, November 25, 2011, 06:41:07 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Maagde in Mali kan beurse bekom
2011-11-24 23:08
Tweets Share Share line EmailPrint
Verwante skakels

    Kunsmatige maagdvlies dalk verban
    Staat, kerk teen gay huwelike in Sierra Leone
    Sierra Leone tel mankes, ge-amputeerdes

Freetown – 'n Stad in Sierra Leone bied aan om meisies wat nog maagde is teen die tyd wat hulle graad vang, se studiegelde te betaal.

Die doel is om die tienerswangerskappe te verminder deur te verseker dat "ten minste 80% skoolmeisies hul maagdelikheid tot die einde van hul opvoeding behou," het Mathew Margao, raadslid in die suidelike stad Bo.

"Die stadsraad sal vroulike mediese personeel aanstel wat sal bevestig of die meisies nog maagde is of nie," het Margao gesê.

Menseregtegroepe en ouers is egter nie baie ingenome met die plan nie.

Abibatu Mansaray, woordvoerder vir 'n plaaslike vroueregte-groep sê dit "grens aan die skending van die meisies se menseregte".

Sy het ook bygevoeg dat dit nie volgens haar die beste manier is om die kwessie van tienerswangerskap aan te spreek nie.

"Ek kan nie sien dat ek gaan toelaat dat mense my dogter op dié manier ondersoek sodat sy 'n beurs kan ontvang nie," het Aminata Lahai, 'n enkelmoeder, gesê.

Margao is egter oortuig dat die plan nie net tienerswangerskappe gaan verminder nie, maar terselfdertyd die hoeveelheid opgevoede vroue in Mali gaan vermeerder.



http://afrikaans.news24.com/Afrika/Nuus/Maagde-in-Mali-kan-beurse-bekom-20111124
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Wonder hoeveel gaan die ondersoekers vra vir 'n vals verslag. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

En wie gaan die dames ondersoek om uit te vind of hulle maagde is?
Klomp snert.
Daar is ander maniere om tienerswangerskappe te keer.
elle

Lox

disprins ja....
knyp 'n disprin tussen die knieë vas.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.