• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Mandela se eertydse bed...

Started by Angelica, November 20, 2011, 03:32:21 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Eens-had-Mandela-n-bed-20111111

Het ook 'n hele klompie jare gelede 'n draai gaan maak op Robbeneiland.  'n Helse teleurstelling.
Ons het dieselfde ervaring gehad dat die gids al die blankes vyandiggesind was.  Daar was daardie tyd al niks om te sien nie.
Die bootrit was wel genotvol.  Gelukkig was hulle toe nog nuut en jy het nie jou life jacket aangehad die hele tyd nie.
Wat 'n groot stuk geskiedenis, nog voor 1652, kon wees wat as attraksie aan buitelanders kon voorgele word, is nou net 'n stuk skaam-wees eiland.
Wens die DA wil dit opeis (?) en weer iets daarvan maak.
elle

Lox

Dankie nou weet ek ook ek hoef nooit die moeite te doen om dit te gaan besoek nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dit gaan orals so.  Vervalle!  Dit is so jammer.
Ons het die langnaweek in Oktober, as dagbesoekers by die KNwildtuin probeer inkom.  Dit was nag! Die karre het vir kilometers voor die hekke gestaan.  Toe ons uiteindelik teen half elf die oggend toegang kry, was die park leeg, die toilette vol.  Vol afval en vol gemors, maar geen toiletpapier of skoonmakers nie, (hulle het buite met mekaar gestaan en klets, of op 'n selfoon besig)   Selfs by die restaurante was daar toue en toue mense wat ure moes wag vir 'n stukkie kos.  Nee dankie, dit is nie vir my nie.  Ook nie vir die buitelanders nie.  Hulle het gemor en geknor en luidkeels vertel dat hulle nooit weer daarheen sou gaan nie en dit ook aan al hul vriende sou vertel. 
Om te weet is om te verstaan.