In Silhoeët
Sy nonchalante donker silhoeët
voor die oop flap
(amper soos die Dawid-beeld)
is afgeëts teen die nanag
arm op nege-uur
kop gedraai na oos
Sy sien sy dein toe hy die lug adem
hy is stil... soos dit 'n stilhoeët betaam
asof hy die indrink van sy naak
vanuit die nagbed nie wil steur
Met 'n vloeibeweging vou hy
die moeseliendoek weg
en laat die sterrenag in
haar hand gaan op teen die klipmuur
om te steun
sy kop, sy ken, elke spiertjie van sy gesig
die hare wat oor die skouers krul...
haar'ne
Sy rugsilhoeët vloei suid
na perfek geronde heuweltjies
sy bors, o die bors waar haar kop rus...
sy lyne huiwerend toe die jakkals roep
'n Beweging en die indigo van die nag
word 'n perfekte agtergrond
toe sy amoureuse manlikheid silhoeëteer...
sy sien die beweging van sy pols
toe sy vyfstervingers daaroor streel
onwillekeurig, met 'n kreun, gaan haar hand
oor die hard van die klip...
en die energieke donker silhoeët
vloei en spoel
na die bestemming op die nagbed