Dit het dalk iets met masels te doen.
Soms voel my brein stokstyf.
Willie meegee nie. Dit is wonderlik om te sien hoe hoe 'n mens se brein self kan herstel. Vandag gesels ek met my makelaar, vertel ek hom van die tweede aanval. Toe ek bykom lê ek op my bed en die ambulansmanne is druk besig met my.
Verduidelik hy dat die brein sy eie metodes het om 'n mens veilig te hou. Sodra dit nie bloed kry nie sny dit uit en jy val om. Wanneer jy plat lê vloei die bloed terug na jou brein en whala!
Seg hy ook vir my ek moet 'n bietjie oplees oor groen groentes. Blykbaar maak dit die bloed dik en dit is een van die grootste probleme as dit by beroerte kom. Ek sal gaan huiswerk doen en kom vertel, maar as jy intussen wil help sal ek dit waardeer.