'n Ontstellende opskrif tref my vanoggend in die Sondagkoerant.
'n Boek uitgegee deur Pastoor Michael Pearl en sy vrou, Debi, gee 'wenke' oor hoe en waarmee lyfstraf vir jou kind gegee kan word.
Volgens hierdie twee barbare kan 'n baba van so oud as 7 MAANDE al liggies pak kry. Kinders kan met verskillende voorwerpe geslaan word, onder andere 'n SWEEPIE wat die pa kan oprol en in sy broeksak dra !!!!
Wilgerlatte, en ons weet hoe seer 'n wilgerlat kan slaan, asook houtlepels kan ook gebruik word om jou tiener te tem. Na hierdie boek 'To Train up a Child' deur ouers gelees is, het daar al drie kinders gesterf aan die hand van 'n eie ouer wat van hierdie voorwerpe gebruik gemaak het om die kind te tug. Moord. Niks anders as moord.
Volgens hul dogter het sy so pak gekry en geen letsels oor gehou nie. Sy se sy het by die 50 keer so pak gekry. Ek dink sy beskerm haar ouers, want as jy as 30+jarige vrou presies kan onthou hoeveel keer jou pak jou gedinges het met 'n sweep onder andere, het jy verseker letsels oorgehou..
Gewone plathand kan nogal die ding doen as dit met liefde gedoen word, maar 'n SWEEP ?
Ek is gewalg.
Ek stem dat sommige kinders 'n hou of twee, soms selfs drie voor hulle luister en die boodskap kry, moet kry.
Ek het myne kamer toe geneem, die deur toegemaak en dan gesels oor wat en hoekom en waarom dit nie gedoen word en wat die beste uitweg is ens ens.
Met 'n groot hug en trane afvee, is die saak afgehandel en die dag gaan voort.
Vandag is hy 'n pragtige kind met geen hangups en dinge nie.