Author Topic: Jy Dans met My..  (Read 5418 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Jy Dans met My..
« on: May 01, 2011, 08:39:29 AM »


gemaklik glip ek in jou arms
    so asof ek daar hoort
jy dans met my
op maat van lank lank t'rug
ek sê, 'jy dans met my'
jy sê, 'dis nie heeltemal 'n dans'
maar ons lywe kurwe saam
saam met die vloei van klank
daar's 'n hipnose in jou blik,
'n trekking om jou mond wat
ons dans beheer     maar nooit
nooit voel ek soos jou toutjiespop
jou oë peusel aan my borste
ek voel die welwing van jou spiere
jou hande warm op my laerug
'jy dans met my', fluister ek

en vir 'n wyle, word twee siele een
in dié kortstondige nabyheid

++++
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Jy Dans met My..
« Reply #1 on: May 02, 2011, 08:39:10 AM »
Ek is in vervoering met die ritmiese gebruik van woorde. Skitterend!




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10720
  • Gender: Female
Re: Jy Dans met My..
« Reply #2 on: May 03, 2011, 03:09:11 PM »
Hou hierdie spasie dop,  hier kom nog groot dinge!   :notworthy: 
Om te weet is om te verstaan.