Lees ek nou hier raak. Dis pragtige fotos Lox, dankie. Ek wil ook half saam stem klink na baie werk. Wel om so 'n mooi plantjie te he in my tuin is dit seker die moeite werd. Ek dink ek moet April ook 'n paar plantjies by ons winkeltjie aanskaf en kyk so tussen die blommetjies (wat nie daar is nie)
Plant en hoop my wolhaarstories los die nuwe mooi goed uit.
Het 'n stukkie grond agter so wat 1.5 x 2 meter wat ek wil oor begin. Tamaties en Soet Groen peppers plant en Spinasie. Het laas wortels en beet geplant en o ja uie. Wat 'n gemors. Die wortels was klein en die beet nie veel beter nie en die uie ag te kostelik sulke klein uitjies. Gaan wat nog in die grond is uit trek wanneer ek nou weer bietjie tuis is en nie hoef te gaan werk nie. dan wil ek ergstig begin. Dalk eerste 'n bakkie wurms kry en hulle los laat daar en dan begin met my plant werk.
Wens net ek het bietjie meer grond gehad om te speel. Dan sou ek van daai tonnels laat bou het. Die beter ekke is mos goed met sy hande.