Author Topic: Aarbeie  (Read 31815 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Aarbeie
« on: November 18, 2011, 07:21:09 AM »
Lox, kom vertel vir my wat is die geheim van aarbeie kweek.  Ek het al hoeveel keer probeer om 'n paar plantjies aan die lewe te hou, maar hulle weier om sulke lekker groot aarbeie te dra.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #1 on: November 19, 2011, 05:24:59 AM »
DIT gaan nou 'n smaaklike onderwerp word.
Woollies het sulke lekker groot aarbeie.  Pragtig le hulle daar. Knus langs mekaar, die punnets, so streel-streel langs die ROOM.
Ek los maar gewoonlik die roompies net daar.  (Die pryse is om van te huil).
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #2 on: November 19, 2011, 06:50:43 AM »
Ek is ook baie lief vir vars aarbeie en Lox se liefie kan aarbeikonfyt kook wat skrik vir niks nie en sy verkoop dit.
Dit lyk my hy is besig met 'n hele voorbereiding om met foto's en al vir ons 'n aarbei-aanbieding te bring.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #3 on: November 19, 2011, 07:25:37 AM »
ek het nog net nie kans gehad nie, sal nog vertel en dink solank wat om als kwyt te raak. wat kos die winkels se aarbeie

hier rond is mense wat spesifiek net my aarbeie wil koop en nie die winkel of johan sin nie, hulle seg dis die soetste wat hulle nog geproe het. as ek nie het nie wag hulle tot ek het.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #4 on: November 19, 2011, 07:33:28 AM »
Dankie Lox.  Ek wil 'n paar aarbei plantjies koop en weer probeer met jou voorskrifte.  Wanneer is die beste tyd om te plant.  As ek dit nie mis het nie dra 'n plantjie net drie jaar.  Hou dit van soet of suur grond?  Waarmee voed jy die plantjies indien wel.  Hoe kan 'n mens dit beskerm dat die vogeltjies dit nie alles opeet voordat jy 'n kans kry nie?  Ens. ens.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #5 on: November 19, 2011, 09:23:01 AM »
dink maar aan wat jy nog wil vra dat ek kan weet wat om af te neem later en te skryf
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #6 on: November 19, 2011, 09:25:27 AM »
Al waaraan ek nog kan dink is hoeveel son en hoeveel skadu en of die goggas ook gaan saam eet.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #7 on: November 21, 2011, 01:56:33 PM »
PM kon jy al die aarbei plante aan die lewe hou of het hulle gevrek?

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #8 on: November 21, 2011, 04:49:52 PM »
Nee Lox, ek sal moet nuwes kry, maar hier betaal jy jou stêre af vir 'n plantjie.  Is dit nie al te laat om te plant nie?
Hoeveel aarbeie kry 'n mens per seisoen aan 'n plantjie?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #9 on: November 21, 2011, 05:53:07 PM »
Plant tyd is april, mei.
As jy dalk daai tyd van die jaar hier in die kaap 'n draai kom maak gee ek jou 'n halwe bakkie vrag vol plante.
Ek weet hier by ons is dit ook vreeslik hoe duur daar vir een plant gevra word.
Moeilik om te seg hoeveel aarbeie aan een plant as ek moet skat seker so 20 dalk 25.

Ek vertel maar hoe ek maak, dis nie te seg dis reg nie.
Elke jaar haal ons al die plante uit en plant weer als oor.
Die stukkie waar ons plant is so min of meer 16 x 20 meter.
Ek gooi een sakkie (50 kg) landbou kalk voor dit omgespit word.

Ons grond is suur en die kalsium in die kalk is goed vir die plate en hou vermoeë van die vrugte.
Ek wil uitvind of gips ook goed sal wees.

Dan spit ons die grond so 20 na 30 cm diep om.

Maak operd walle. maak 'n grippie in die wal se bo kant so 5 cm diep en sit neutrog korrels daarin, sowat 100 gram per meter. neutrog korrels is verwerkte hoendermis en baie goeie plant voeding.
Jy kan ook maar ekstra kalium gee in kunsmis vorm.

dan word die grippie toegemaak en 'n drupper pyp met elke 500 mm 'n drupper word in die lengte van die operd ry gegooi.
Dan gooi ons engelse sout op die ry. ek gooi so 1 pakkie op 20 meter, dis 2,5 gram dink ek. maar vlg jaar gaan ek 2 pakkies gooi. die aarbeie hou van engelse sout.
dan trek ons 1 meter breë plastiek oor en gooi die kante vas met grond. steek dan zig zak gate in die plastiek so weerskante van die drupper pypie. die gate so 20 cm van mekaar aan een kant van die pyp en die een aan die kant is so 10 cm van die een aan die ander kant.

die plante wat ons als uitgehaal het word dan met die hand deurgesoek. die plante gee lopers wat wortel skiet en dit maak 'n nuwe plantjie. Ons plant dan daai plantjie. Dis vrek groot werk.

jy kan ook paar plante in potte plant.

dan staan die ou armsalige plantjie daar wat lyk of hy nie weet of hy wil vrek of groei nie maar groei wil hy nie want dis te koud. maar terwyl jy dink hy sukkel maak hy kos bymekaar vir die oes wat kom.

Dan spuit ons elke week voema en kelpac. Voema is 'n Bayer produk, jy kry Vuma starter en vuma fruit en flower.
spuit 30 ml van elk opgelos in 15 liter water op die 180 vk meter.

Dit word elke week gespuit en ek gee so bietjie kalium ook deur die druppers. maar die blaarvoeding van vuma en kelpac sal reeds baie goed doen. so in Julie begin die plante lewe wys en ek hou maar aan met die vuma en kelpac.

Vuma is 'n blaarvoeding maar ek glo enige blaarvoeding sal help, jy sal kan polifeed ok organofeed ook kan gebruik.

Dan voor blom kan jy spoorelemente bysit so 2 keer, maar die blaarvoeding het ook relik spoorelemente in.
By die vuma en kelpac sit ek ook 'n vloeibare kalsium ( lw dis nie selfde as kalium nie) met bietjie boor by. die boor help dat die calsium beter opgeneem word. ( Kalium  = K en Kalsium = Ca )

Die kelpak is seewier en help met wortel ontwikkeling. Dit bevat baie ouksine en sitikonine wat die plante gebruik.

waneer die vruggies begin sit ek karate by. dis 'n insek gif wat gogga onvriendelik is.

moenie die water gee vergeet nie hulle kry gou dors maar oppas vir versuip. so elke 2 de dag in die somer water gee. minder in die winter. selfs na oes ook aanhou water gee sodat jy nuwe plante kan hê vlg jaar.

ek het al kelpac en vuma op plante wat oorgestaan het tussen die krismis kerse, gespuit en die plante het baie goed ge reageer en mooi groot aarbeie gegee.

te veel water tydens dra tyd ( 8 na 10 weke) maak die aarbeie sopperig en pap en te min water maak dit hard en droog en nie soet nie.

vir die voëls span ons toue elke 5 na 6 meter en hang daaraan blikke se deksels wat ons 'n gat ingekap het. 'n tou wat afhang van die boonste tou met die deksel onder. elke 4 na 5 meter op die tou 'n deksel. die wind waai die deksels rond en die voëls vertrou nie die oneweredige geswaai van die goed nie. kan 2 by mekaar hang, elkeen aan sy eie tou en dan kap hulle teen mekaar as die wind waai en die voële skrik daarvoor.

seg as ek iets uitgelaat het

ek het fotos geneem maar kry dit nie nou op photobucket afgelaai nie.


wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #10 on: November 21, 2011, 07:30:16 PM »
so lyk dit op die plastiek




en van naby



en so lyk die blikkies se deksels

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #11 on: November 21, 2011, 07:56:43 PM »
Pragtig gesonde plante en vruggies.
Jy's reg, klink vir my na baie harde werk. Dit lyk nie of jy dit op 'n baie kleiner skaal, soos in jou tuin, kan doen nie.  Of kan jy?
Ek sal deurmekaar raak met al die voedings en spuitgoedjies.
Sal maar myne by Woolies kry.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #12 on: November 21, 2011, 08:04:24 PM »
ja jy kan dit op kleinskaal doen ook. ons het 16 x 20 meter en spuit dit met rugsak spuit
as jy klein plant soos in plant bak of in trekker buiteband of braai drom kan jy dit spuit met die hand spuit wat mens kry wat jy die windowline in kry.

ek is net nie seker wat die kleinmaat produkte in die winkel is nie. die goed waarvan ek praat is produkte wat ek in groot maat koop, 1 liter, 5 liter, 10 liter, 20 liter en 25 liter houers.

moet maar mooi afmeet as ek gewoond is om bv 2 liter af te meet en nou skielik net 30 ml.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #13 on: November 21, 2011, 08:37:22 PM »
Wow, dankie Lox.  Om met aarbeie te boer is nie vir sissies nie lyk dit vir my.  Ek wil amper met Ellé saamstem, dit is beter om dit by Lox in die Kaap te kry of by Woolies as Lox te ver bly. 
Ek gaan beslis probeer om 'n paar plantjies aan die groei te kry.  Dalk maak ek van jou aanbod gebruik en kom spesiaal Kaap toe vir 'n paar plantjies.   :icon_biggrin:
Grap maar net, wil regtig graag Kaap toe kom, maar dit lyk my my ander vriende daar het my vergeet. 

Dankie vir jou inset Lox, ek waardeer dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aarbeie
« Reply #14 on: November 21, 2011, 08:43:40 PM »
Sal ons ou vriende ooit vergeet?



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #15 on: December 08, 2011, 09:41:50 AM »
Lees ek nou hier raak. Dis pragtige fotos Lox, dankie. Ek wil ook half saam stem klink na baie werk. Wel om so 'n mooi plantjie te he in my tuin is dit seker die moeite werd. Ek dink ek moet April ook 'n paar plantjies by ons winkeltjie aanskaf en kyk so tussen die blommetjies (wat nie daar is nie)  :crybaby2: Plant en hoop my wolhaarstories los die nuwe mooi goed uit.  :icon_biggrin:

Het 'n stukkie grond agter so wat 1.5 x 2 meter wat ek wil oor begin. Tamaties en Soet Groen peppers plant en Spinasie. Het laas wortels en beet geplant en o ja uie. Wat 'n gemors. Die wortels was klein en die beet nie veel beter nie en die uie ag te kostelik sulke klein uitjies. Gaan wat nog in die grond is uit trek wanneer ek nou weer bietjie tuis is en nie hoef te gaan werk nie. dan wil ek ergstig begin. Dalk eerste 'n bakkie wurms kry en hulle los laat daar en dan begin met my plant werk.  :toothy4:

Wens net ek het bietjie meer grond gehad om te speel. Dan sou ek van daai tonnels laat bou het. Die beter ekke is mos goed met sy hande.  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #16 on: December 08, 2011, 02:07:19 PM »
Trapsaggies

jy kan april by my kom aarbei plante kry, die kwekery gaan jou vrek duur vra. ek gaan jou niks vra nie en vertel hoe ek maak.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #17 on: December 08, 2011, 02:18:58 PM »
 :toothy4:  Baie dankie Lox. Nou dan kom maak ons 'n draai by julle, dan kan ek my kas weer vol prop met lekker wyn soos ons na julle toer... :evil6: Sal eers 'n toon in die lug gooi vir wanneer.

Psssssss PM wanneer kom maak jy 'n draai?  :hello:

 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Aarbeie
« Reply #18 on: December 08, 2011, 06:24:54 PM »
Julle gaan GROOT moeilikheid optel as julle sonder my gaan...  :nono:





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Aarbeie
« Reply #19 on: December 09, 2011, 07:10:37 AM »
jys ook genooi naas, solank jy lekker kuier hier. mense wat hier sleg kuier moet liewer wegbly.

laat my dink aan 'n vriend wat altyd së:

Jy moet lekker wees en as jy K..k is moet jy lekker k....wees
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #20 on: December 09, 2011, 09:48:02 AM »
Natuurlik Naas, jy is dan die gedroogte drywer.  :icon_scratch: Ek sal nog nooit daai valley kan verlaat sonder een nie.  :evil6:

Moet ook by voeg met Naas kuier mens niks anders as lekker nie. K.. sal nooit tesprake wees nie tensy die noot druk.  :evil6:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #21 on: December 09, 2011, 10:03:54 AM »
Dit klink amper asof ons 'n groot Aprilfees gaan hou Trappies! 
Lox, watter datum beplan jy om die aarbeie uit te plant? 
Kan ons voorlopig 'n paar datums kry?  Teen daardie tyd het ons seker ons eie skilpad dan kom toer ons die land plat!  Dit sal almal vroegtydig die geleentheid gee om hulle dagboek in te vul. 

Trappies kan vir my sê waar is goeie skilpadparke om oor te bly.  Oeee, ek is al klaar opgewonde!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Aarbeie
« Reply #22 on: December 09, 2011, 10:08:51 AM »
Oeee dit klink te lekker ek sal vir jou op die uitkyk wees en dan laat weet.

Ek of ons sal jou vergesel, ongelukkig net oor naweke want my helpendehandmetkontant is moeilik verby. As ek net dink aan om te vra om 'n dag af te vat dan breek die dam walle behoorlik. So ek is bietjie moeg vir nat wees en sal probeer om my vingers in die gate te hou van die damwal.   :BangHead:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Aarbeie
« Reply #23 on: December 09, 2011, 10:41:38 AM »
Is daar 'n skilpadkamp vlak teen die see? 

Aprilmaand het ook 'n paar vakansiedae, maar ek weet nou nie of ek daar wil wees in die gewoel nie.  Dalk 'n parkie waar dit oor daardie tyd stil en rustig is?  Poep ek nou in die bad?  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.