• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Karamel-piesang-yskastert

Started by PM, January 30, 2012, 12:11:46 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Karamel-piesang-yskastert

Bestanddele:

Driekwartpakkie Mariebeskuitjies fyn gedruk
125 ml (halwe koppie) botter gesmelt
1 Blik (385 gr) karamelkondensmelk
3 Groot piesangs

So maak mens:

Beskuit Bespuit 'n 19cm deursnee tertbord met kleefwerende kossproei.
Meng die beskuitkrummels en botter en druk die mengsel vas in die tertbord.
Klits die karamel tot glad en skep in die tertkors.
Maag gelyk bo-op en hou eenkant.
Doop die piesangs met skil en al in kookwater om verkleuring te voorkom.
Skil af en sny in dun skyfies.
Rangskik dit bo-op die karamelmengsel.
Plaas die tert in die yskas om te stol.
Dien koud op. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

*The one and only AWESOME-EST


adele

haai, ekke het hier iets geantwoord en nou is dit net weg...

smeer 'n lagie geklitste room bo-oor.

ek is al 'n week lank so lus hiervoor, gaan sowaar pleit dat iemand vir my bestanddele moet gaan aankoop in Ventersburg se spens [spar]

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Hi oeee Blommie, ek hoop nie dit is spoke wat in die gange rondloop en
woorde eet nie.   :dontknow:

Hoop jy kry iemand en geniet dit.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.