Die Afrikaanse Forum

Bak en brou => Resepteboek => Soet terte => Topic started by: PM on January 30, 2012, 12:11:46 PM

Title: Karamel-piesang-yskastert
Post by: PM on January 30, 2012, 12:11:46 PM
Karamel-piesang-yskastert

Bestanddele:

Driekwartpakkie Mariebeskuitjies fyn gedruk
125 ml (halwe koppie) botter gesmelt
1 Blik (385 gr) karamelkondensmelk
3 Groot piesangs
 
So maak mens:

Beskuit Bespuit 'n 19cm deursnee tertbord met kleefwerende kossproei.
Meng die beskuitkrummels en botter en druk die mengsel vas in die tertbord.
Klits die karamel tot glad en skep in die tertkors.
Maag gelyk bo-op en hou eenkant.
Doop die piesangs met skil en al in kookwater om verkleuring te voorkom.
Skil af en sny in dun skyfies.
Rangskik dit bo-op die karamelmengsel.
Plaas die tert in die yskas om te stol.
Dien koud op. 
Title: Re: Karamel-piesang-yskastert
Post by: Chichi on January 30, 2012, 08:54:42 PM
mmmmm  :icon_biggrin: :icon_biggrin: :icon_biggrin:
Title: Re: Karamel-piesang-yskastert
Post by: adele on January 31, 2012, 02:32:41 PM
haai, ekke het hier iets geantwoord en nou is dit net weg...

smeer 'n lagie geklitste room bo-oor.

ek is al 'n week lank so lus hiervoor, gaan sowaar pleit dat iemand vir my bestanddele moet gaan aankoop in Ventersburg se spens [spar]

 :grommit:
Title: Re: Karamel-piesang-yskastert
Post by: PM on January 31, 2012, 06:08:13 PM
Hi oeee Blommie, ek hoop nie dit is spoke wat in die gange rondloop en
woorde eet nie.   :dontknow:

Hoop jy kry iemand en geniet dit.   :love7: