• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

'n lys van "nuwe" Afrikaanse woorde

Started by Ah Willa, May 14, 2012, 12:56:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Cowboys = Galopjongens;  Koeiseuntjies

Cowgirls = Koeimêrries  :toothy4: of liewerste Galopmeisies; Koeidogters







:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Dankie vir die mooi foto'tjies Raaitjie.  Dit vat my ver terug. 
Die "om die dromme jaag" hier by ons is mos nou die "boeresport".  Daai mal broers van my het bulle gery en wilde perde.  Ook so in die drukgang staangemaak en as daai hek oopgaan dan waai die hare. 

Vir my is 'n Cowboy 'n Cowboy! Basta!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Cowboys = Stoere boere  :-)  Boerseun

Cowgirls = 'n dame met 'n skop :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Sjieeee PM die bulle dinge en wilde perde ken ons goed. Dit was aanstaande skoonseun se 'stokperdjie'. Die jongste dogter (16 jaar oud) breek die wilde perde in. Is dit nou iets om te aanskou! Willa sy sal nou mooi inpas by jou dame met 'n skop  :headbang:

Ah Willa

ek's 'n tomboy - wat is die Afrikaans daarvoor ...

my ma het altyd gese ek was pippilangkous (het ek daai naam nou reg) se nig ... my vlegsels wou net nooit boog nie ...

maar toe ek Anne of Greengables gekyk het, kon ek amper lelik wees en sweer sy is myself ... net baie mooier in lyf en gesig ...

en ek dink 'n cowgirl is maar 'n tomboy - so ek weet ons het skop :-)  maar dalk is 'n cowgirl 'n dame, terwyl 'n tomboy sommer net vrou is :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

As ek reg onthou is dit 'n rabbedoe Willa  :toothy4:

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek glo "biltongmaniere" sal mooi hier inpas.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Giggel ek lekker vir my Outop se gedroogde humorsin  :notworthy: Jy is reg PM. Dit pas nogals ne!

PM

Vir 'n oomblik het ek nie aan "gedroogde" gedink nie, maar eg Suid-Afrikaans.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.