Lucky Leaf
‘’n Gedigstruktuur geskep deur Christina R Jussaume.
Hierdie struktuur moet so getipografeer word dat dit die vorm van ‘n klawerblaar aanneem. Ek kon nog nie voorbeelde kry nie en dit lyk nie vir my of dit kan werk in Afrikaans nie. ??? Wie kom help asseblief?
Lettergrepe is 3, 3, 9, 9, 12, 12, 6, 6, 3, en 3.
Enige onderwerp is geskik, met of sonder rym.
Voorbeeld: (Julle moet asseblief kom help om ‘’n goeie voorbeeld te skryf.)
Ek lief jou
my groot kind
jy is die glinster in my oë
was die lig in my duister nagte
sonder jou bystand sou ek dit nie kon maak nie
daardie helpende hand was vir my ‘n kierie
jy het my ondersteun
was daarin saam met my
soet nektar
jou liefde