• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waarnemend

Started by Trapsoetjie, July 18, 2011, 09:48:33 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Trapsoetjie

Waarnemend

Wanneer die maan goudblink,
word my wange bloedrooi!
Wou ek nog skaam wegdraai.
Was jou oogknip vir my?
Warm was jou glimlag!
Wals stoute duiweltjies
waarborge in jou oë.


©  :angel12:

PM

Pragtig Trappies,  ek is mal oor die titel.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

adele

o dis mooi, sommer lekkerlees ook   :toothy4: 
'bloedrooi' dalk een woord, dan wonder ek oor goud blink? dit is nie normaalweg 'n woord soos bloedrooi nie maar kan dalk trefkrag hê as dit hier so gebruik word?

:icon_scratch:
adéle  :grommit:

Trapsoetjie

Dankie julle.
Adele ek dink jy het 'n puntbeet of het jy die beet se punt ha ha ha ek gaan dit so verander ek hou ook van die blinkgoud saam.
Weereens dankie vir julle hulp, so leer ek elkekeer.  :read2:
:angel12:

adele

dit lees so lekker, ek sal elke keer die goud in die volgende volmaan sien
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

Kom verlustig ek my ook aan hierdie 'W' skepping van jou  :hello2: :notworthy: