• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Philip de Vos

Started by adele, June 21, 2012, 05:26:37 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

so op my verdwaalweg kom ek hierop af
Philip de Vos se rym en ritme is iets wat ek sou wou poog om na te streef, maar daar is net een van sy soort met hierdie wonderlike talent. gaan loer gerus hier
http://versindaba.co.za/2012/06/04/philip-de-vos-mozart-en-das-kleine-poeplein/


GEDIGTE DEUR PHILIP DE VOS

Rolbos
is 'n tolbos,
'n hardloop-
spring-
en hol-bos.
Soek jy hier
dan is hy daar -
weggewaai
tot
wieweetwaar:
oor die berg
en oor die rant
weggewaai
tot
annerland

Hallo walvis
hoesie water?

Nat, ou pellie,
sien jou later!

Skilpad kan nie sing nie
Skilpad kan nie spring nie
Stom
en
stadig
stap
hy aan
waar sy skilpadpad mag gaan.

Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet

Ek sal
vir jou
'n appel pluk;
twee vere
en 'n roos.
Die appel
en die roos
is net
'n soetigheid
vir nou.
Die pouveer
en makouveer
is vir
more se onthou.

Wees dankbaar
vir 'n bleskop
waar skilfers
nooit
kan nesskop.

Hou poedels
van noedels
van pap
en polonie?
Ek glo nie.

Maar kaviaar
en Crepes Suzette?
You bet!
adéle  :grommit:

adele

en hierdie het ek op woesforum gaan haal, kan julle glo dis 4 jaar gelede?

Salomo o Salomo
'n bul onder die bulle:
hy het meisies liefgehad -
ja, honderde van hulle.
Maanskyn, rose en geluk
en elke week 'n huwelik -
en élke week confetti
vir Salomo en Bettie,
vir Rut en Sippora,
vir Mirriam en Lettie.
Elke week 'n huwelik,
élke week resepsie,
élke week 'n opskopdans
met gemmerbier en Pepsi
tot sy gryse vader sê:
"Nee - nou neem ek eksepsie.
My naam is koning Dawid -
ek sing so graag tenoor.
By Salomo se troues
kan jul my wysies hoor.
Ek sing al wat lied is,
maar het nou laringitis
van élke week se Mendelsohn,
van Wagner en sy Lohengrin.
Hiér tokkel ek my harp se snaar
(my Israelse kitaar)
week na week
o smart en nood!
Solly, seun - jy trou jou dood!"
Toe  - nege maande later
(Ek dink dit was in Maart)
kerm koning Dawid
in sy koninklike baard:
"Ja, weg is al die maanskyn,
die rose en die pret
nou dat jy ontdek
dat jy duisend skoonma's het!
Elke week 'n bybie
élke uur 'n neppie;
krampe, kroep en winde -
Solly . . . is jy heppie?

Salomo o Salomo
'n bul onder die bulle:
hy het meisies liefgehad -
ja, honderde van hulle.
Salomo o Salomo
word toe grys en wys -
sy huis was g'n pandokvarkhok
maar wel 'n blink paleis.
Vir arme Pappa Dawid
het die tyd verbygalop:
die koninklike emmer
was al jare reeds geskop.
Salomo o Salomo
vind nou die lewe naar -
tagtig maal die laaste maand
word hy wewenaar . . .

Dis als vergeefs!
Ja - hy verlang
na die dae van kroep en neppie;
en hoor sy oorle pappa sug:

"Solly . . . is jy heppie?"
adéle  :grommit:

adele

en die volgende het ek hier gekry,
http://versindaba.co.za/tag/philip-de-vos/
daar is ook 'n hele beskrywing oor hoe hy Annie M. G. Schmidt, 'n geliefde nederlandse digter, se versies vertaal het met STEKELVARKENTJES WIEGELIED

die man is net skitterend met sy gespot, hier het hy, met apologie, die volgende geskryf


   
Raka

(met apologie aan Marais en Van Wyk Louw)

'n Vroumens het hom eers gewaar
waar Raka na sy spieëlbeeld staar
dromend by 'n waterpoel ...
(Sý lyf was vir homself bedoel).
Sug Mabalêl: "Ek móét hom hê -
met Raka wil ek lepellê ...
Dan kan ons druk; dan kan ons soen
en daarna ander dinge doen!"
'n Krokodil het haar gewaar
waar sy na Raka staan en staar;
en gaan dié krokkie aan't bewe
oor haar volronde agterstewe ...
Sy loop verby - en sing "Tra-la! Sikelele Afrika!"
Maar Raka  (darie dom Adonis)
dink dat haar sang maar doodgewoon is.
Dus met dieper introspeksie
staar hy weer na sy refleksie
en wens die vroumens wil nou wyk,
terwyl hy na sy spiere kyk.
En toe sy buk om hom te druk,
dink die krok: "Hier kom geluk ..."
Maar hy was skeel, ja, heel beslis;
aldus het hy sy doel gemis.
En daar sien Mabalêl vir Raka
in die bruin reptiel se kake,
en snik toe al haar drome kwyn
toe hy die dieptes in verdwyn.
G'n krokodil het óóit respek nie.
Sug M: "Ek's bly dit was nie ék nie!"
Toe voel sy vir 'n halfuur sleg
en stap weer klingelingend weg.

- Philip de Vos
adéle  :grommit:

PM

Dit is goed gedoen, ek het dit geniet.
Om te weet is om te verstaan.

Anastasia

Ek is ook 'n groot aanhanger van Phillip de Vos en sy skryfwerk.  Ek is 'n facebook friend van hom op sy eie persoonlike bladjie, en ek geniet dit so vreeslik om al sy kwinkslae en lewenswaarhede en wysheid te mag deel.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Angelica

Puik!!
Sommer lekker gelag hieroor... :toothy4:
elle

Meraai vannie Baai

Baie geleer van die talentvolle man in die verlede. Wonderlik om vanoggend my rondreisende woordontbyt hier te kon nuttig  :hello2: :icon_salut:

Anastasia

Hy is ook 'n baie ywerige en talenvolle fotograaf.  Sy foto's vertel elk 'n eie storie.  En hy het ook baie goeie musiek kennis.  Hy doen nou in hierdie dae iewers 'n praatjie oor klassieke musiek op RSG.  Hy het ook 'n boek geskryf oor die komponis Mozart se vriendskapsverhouding met 'n jong seun gedurende die oorloe.  Kan nie die naam van die boek onthou nie.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#8
Is dit die ene Anastasia?



Ek wil gou die gedig van hom sommer hier deel. Dit is kostelik  :icon_biggrin:

MOZART EN DAS POEPLEIN

Klein Wolfgang was 'n liewe kind
Nêrens kon jy beter vind.
Op vyf speel hy alreeds klavier.
Skryf gawe wysies uur na uur.
Dus het die Keiserin beveel
dat hy in Wene moes gaan speel.
Op pad daarheen moes hul soms stop –
dan eet klein Wolfgang boontjiesop
plus sauerkraut, ja ek's bevrees –
mens weet reeds wat sy lot gaan wees.

In Schönbrunn speel die kind hom voos
voor die vorstin met al haar kroos.
Hy was so klein, hul oe! en a!
Maar Wolfgang sê g'n boe of ba.
Hy konsentreer, hy byt sy lip
toe daar 'n windjie hom ontglip ...
Die keiserin was erg geskok:
"Wie het die nare klank ontlok?"

Prinsessie Marie Antoinette
sê: "Oepsiedysie! dit was pret!
Al is die naklank ietwat goor
sa ék nooit dáároor kop verloor!"
En Wolfgang sê: "Ja, das war meine.
Das Poeplein ist nur eine kleine!"

:icon_bigsmurf: :notworthy:

Bron:  http://versindaba.co.za/2012/06/04/philip-de-vos-mozart-en-das-kleine-poeplein/


Anastasia

Ja, die is kostelik, maar hy het ook n volle ernstige novelle geskryf oor die vriendskap.
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Fransi


PM

Dankie vir die herlewing van hierdie skryfwerk van Phillip.  Ek het dit weereens baie geniet.  Dit is die regte leesstof vir vroegdag. 
Om te weet is om te verstaan.