• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)

Started by Meraai vannie Baai, May 01, 2012, 02:07:21 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Baie dankie Raaitjie, jy is 'n genius.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

PM en Raaitjie is Circle Geniuses .. ek probeer nog ... ek wil ook 'n genius wees .. maar moet nog eers baie oefen ha ah

ek hou van PM se diggie en hoe Raaitjie dit reg getrek het van hoekie tot hoekie - pragtig!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ag wat Willa, ek "try my luck" so nou en dan, maar Raatjie ruk my altyd in die bek!
Met Raaitjie hier rond weet ek dat ons altyd 'n kwaliteit produk, wat aan al die vereistes voldoen, op die tafel sal lê.  Dit is mos wat ons wil hê: hoë standaarde!
Daar is baie ouens wat saam wil skryf aan die boek, maar ongelukkig word almal nie gekeur nie. 
Ons wil nie sommer net "'n boek" uitgee nie.  Dit moet aan die vereistes voldoen. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Natuurlik moet daar aan vereistes voldoen word ... en as ons nou uitval - beteken dit nie ons kan nie genoeg groei na boek 3 nie ... ons is mos hier om saam te leer, saam te groei, saam te kuier, saam te huil, saam te lag en saam te juig ... :bootyshake:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek dink nie hier in ons geledere gaan iemand uitval nie.  Nee, ons werk hard daaraan om deel te wees van  boek twee. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lief lief lief julle passie en woorde. Wonderlike voorreg om soms te kan help om die woordosse in die regte volgorde in te span  :love7: :notworthy: :icon_salut: :book1:

Ah Willa

En wat 'n voorreg om deur meesters gehelp te word, wat ook eens deur ander meesters geslyp is ... eendag as ek mooi groot gegroei het, sal ek ook 'n rowe diamant help slyp - wie weet .. dalk die  volgende generasie Langenhoven ... want in hierdie generasie had ons vir Naas
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Dierbare Willa - ons is almal rowwe diamante wat in die woordsakkie knus teenmekaar skuur en skaaf - eendag as iemand die sakkie uitskud gaan ons  ABC liggies die hele omgewing verblind  :love7: :book1:

Ah Willa

Maar 'n feit Meraai is dat van die diamte in ons sakkie al beter gesluip is as ander van ons en wat te voorreg om saam met julle in 'n sakkie gegooi te wees om saam te slyp ...  :icon_study:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Ek sluip gou weer terug ... beslis is ander al meer geslyp mater, maar soms skuil bekoring juis in die aardsheid van ons ongeslypte, ruwe klippies  :love7:

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai


Ans Botha


PM

Loer ek oor 'n gas se skouer en kom op hierdie kosbare kosbare bydraes af.  Ek kry 'n warm gevoel in my hart vir Willatjie.  Sy is beslis een van ons diamandjies.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.