Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 01:07:21 AM

Title: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 01, 2012, 01:07:21 AM
Die eerste weergawe van hierdie struktuur van Paul McCann het verskyn in die Colophon Magazine June 1999. Die struktuur is van so aard dat die gedig van bo na onder en weer van onder na bo gelees kan word.

Dit kan handel oor enige onderwerp maar moet ritmies lees en na beide kante nog woord vir woord 'sin' maak. Hierdie struktuur bied 'n wonderlike uitdagende skrywers-oefening aan ons.
 
Al wat Paul McCann vra as ons die hand waag aan hierdie vorm, dat ons terugverwys na die skakel:
 
http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop.html

Liefdesriviere
 
Eindeloos ...
vloei liefdesriviere.
 
Dag na dag
en keer op keer,
onbewus teer ons.

Ek en jy
smagtend - vasgevang
Onvervuld ...
 
***
 
Onvervuld ...
vasgevang - smagtend
Jy en ek.
 
Ons teer onbewus,
keer op keer en
dag na dag.
 
Liefdesriviere vloei
eindeloos ...

©
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 02, 2012, 07:52:19 AM
Hierdie "omgekeerde" stukture smokkel met my brein.  :icon_biggrin: Dit is nie maklik nie, maar ek sal weer probeer. Ons eie "Naas Langkop" sal moet kom help. 
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 02, 2012, 08:14:15 AM
Gewis nie maklik nie, ek stem saam! Maar sooooo groot vreugde as mens dit regkry!!
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 05:16:09 AM
Reggekry!  oops! dalkies nie HELP!

Hier is my neederige probeerslag:


Sorgloos

Kinders speel
sorgloos

Hand aan hand
salig onbewus
grootmens vrees verteer

bang-bang
kindwees sing la-la
salig onbewus

***

salig onbewus
la-la sing kindwees
bang-bang

verteer vrees grootmens
onbewus salig
hand aan hand

sorgloos
kinders speel

© Ah,Willa!

http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop.html
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2012, 06:46:08 AM
Pragtig Willa. Vir jou eerste probeerslag is hierdie 'n wonderlike voorbeeld  :notworthy:
Let net op na waar jou gediggie van onder na bo gelees word dat jy die woorde reg inspan: salig onbewus/onbewus salig. En ook by eerste en laaste reels: kinders speel/speel kinders.

Ek sal graag voorstel dat jy leestekens gebruik (groot hulpmiddel met die soort van weerkaatsde verse) sodat, met die teruglees van dit - die reels nog sin maak. Soos bv.

Kinders speel
sorgloos.

Hand aan hand
salig onbewus;
grootmens-vrees verteer

bang-bang;
kindwees sing la-la,
salig onbewus.

***

Onbewus salig;
la-la sing kindwees.
Bang-bang

verteer vrees grootmens.
Onbewus; salig
hand aan hand,

sorgloos -
speel kinders.

© Ah,Willa!

Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 03, 2012, 11:03:01 AM
Hier's ek ook weer, uiteindelik! 
Raaitjie, help ook hier asseblief. Ek weet nie of dit ook kan werk nie. 

Ontberings

kort is vakansie
werk is lank
gewis pyn ons
eensaam en alleen
monde loop leeg
ons kerm en murmureer onophoudelik
op en af    af en op     wipplank ons
weer koud dan eers warm
water sonder krag dan krag sonder water
toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting
gewis pyn ons
werk is lank
kort is vakansie
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 03, 2012, 12:37:24 PM
Met hierdie struktuur moet daar 'n middelpunt wees vanwaar die gedig gereflekteer word en dan van regs na links weergee word. Ons lees dus agteruit aan dieselfde reels waar woorde so geplaas is dat dit nog steeds sin maak. As ons die gedig van onder na bo lees tot by die middelpunt, moet dit presies dieselfde lees as van bo na onder tot by dieselfde punt.

Kom ons kyk na hierdie kort kringloop Haiku voorbeeld van Naas wat ek in die woordskuur bewaar het, kan jy sien waar sy gedig 'draai'om van regs na links te lees?

Politiek. Waar?
 
 Waar politiek is
 Lieg hulle en hulle lieg.
 Is politiek waar?
 ©

Ek kan nie presies agterkom waar jou gedig begin reflekteer nie mater, wat ek wil kan sien is dat jy die eerste drie verse weer herhaal in geheel onder, maar dit lees nog steeds van links na regs.

Kom ons nommer jou reels:

1 kort is vakansie
2 werk is lank
3 gewis pyn ons
4 monde loop leeg
5 ons kerm en murmureer onophoudelik
6 op en af   af en op    wipplank ons
7 weer koud dan eers warm

*hierdie reels sal almal agterste voor gelees kan word

*met die volgende reels het jy reeds die woorde omgedraai


8 water sonder krag dan krag sonder water
9 toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting

*hier het jy weer die sinne in geheel net herhaal van onder na bo

3 gewis pyn ons
2 werk is lank
1 kort is vakansie

In samevatting: Met hierdie struktuur moet daar 'n middelpunt wees vanwaar die gedig gereflekteer word en dan van regs na links weergee word.

Ek gaan gou my gedig vir jou weer vassit hier en nommer:

Liefdesriviere
 
1 Eindeloos ...
2 vloei liefdesriviere.
 
3 Dag na dag
4 en keer op keer,
5 onbewus teer ons.

6 Ek en jy
7 smagtend - vasgevang
8 Onvervuld ...
 
*** Nou moet die reels se woorde (nie letters nie net woorde) agteruit geplaas word
 
8 Onvervuld ...
7 vasgevang - smagtend
6 Jy en ek.
 
5 Ons teer onbewus,
4 keer op keer en
3 dag na dag.
 
2 Liefdesriviere vloei
1 eindeloos ...

Ons kan met leestekens die omgedraaide woorde duideliker laat uitstaan indien nodig na die reflekteerpunt.

Hoop dit maak die struktuur bietjie makliker vir jou?
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 03, 2012, 03:05:06 PM
Kaas oom Naas se politiek mooi in boek no 2!!!  WOW - hoekom kan ek nie so slim wees nie.

PM - hierdie challenge het my brein selle nou aan die gang hoor - dis nogal glad nie so maklik as wat dit lyk nie

Raaitjie dankie vir die verbetering op my poging ... ek het meer op die woorde as gevoel of leestekens gekonsentreer ..
ek gaan weer nog een probeer :-)

net dalk word ek so slim soos Naas :-)
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 04, 2012, 12:46:56 AM
Die weerkaatsde Kruis

 Ek kniel dankbaar
 -- Here my Here --
 Vergewe Vader Asseblief
 vra ek, verlore en gevlek, sondaar

 Golgota en Houtkruis - sinoniem - vasgespyker en deurboor was U
 Verag en verraai -  Onverdiend Doringkroon  - geslaan en gespoeg
 Dankbaar sondaarstem weerklink nou skoongewas

 Hallelujah Hallelujah
 -Ek is vry en gered-
 Hemels styg lofsang

***************
 
 Lofsang styg hemels
 -Gered en vry is ek-
 Hallelujah Hallelujah
 
 Skoongewas nou weerklink sondaarstem dankbaar
 Gespoeg en geslaan -  Doringkroon Onverdiend - verraai en verag
 U was deurboor en vasgespyker - sinoniem - Houtkruis en Golgota

 sondaar, gevlek en verlore, ek vra
 Asseblief Vader Vergewe
 -- Here my Here --
 Dankbaar kniel ek
 
© Meraai vannie baai


VARIASIE: HIER IS 'N VOORBEELD AS ONS REELS IN GEHEEL LAAT REFLEKTEER:
Hier draai my gedig by 'kan' wat eers uitroepteken, dan vraagteken word.

Spieëlbeeld van die groot K
 
 Kan een siekte soveel leed bring?
 Kan een siekte selle verwoes?
 Kan een siekte so seëvier?
 Kan dit die dood roep?
 Kanker se angels
 K die groot K
 Kan !?
 K die groot K
 Kanker se angels
 Kan dit die dood roep?
 Kan een siekte so seëvier?
 Kan een siekte selle verwoes?
 Kan een siekte soveel leed bring?
 
© Meraai vannie baai
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 04, 2012, 06:29:15 AM
Dit is 'n pragtige gedig Raaitjie.  Tien uit tien vir jou!
Baie dankie vir jou inset, ek sal terugkeer na die skryftafel sodra ek 'n kansie het.  Pak eers vandag en trek.  Ons het nou genoeg gehad. 
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 09, 2012, 09:26:04 PM
Raaitjie gaan braai in die warmplek, want sy lei my in versoeking om heeldag net mooi netjies hier te bly sit ...

WOW vir die K-spieelbeeld Raaitjie - nou wag ek vir die W spieelbeeld terwyl ek nog herkou aan die gewone spieelbeel ... MP waar is jou spieelbeeld??
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 10, 2012, 02:42:50 AM
Bly jy geniet Willa. Hier is twee pragtige Engelse voorbeelde te siene:
http://home.vicnet.net.au/~poems/ps/html/mirror_loop_examples.html
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 10, 2012, 07:59:07 AM
O liewe land, ek moet nog eers gaan kyk hoe ek die sirkeltjie kan regkry Wils.   :icon_biggrin:
Dinge gebeur nou te vinnig hier by ons, sal baie tyd moet maak en baie hulp kry voordat ek daai een sal regkry!  :bootyshake:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 10, 2012, 09:41:48 AM
Raaitjie, kom help 'n bietjie matertjie, asseblief. 

Die volgende twee versreëls het vir my verskillende betekenisse as jy dit in een sin lees:
water sonder krag dan krag sonder water
en ook
as jy sein het is daar nie krag nie dan werk jou toerusting (selfoon en rekenaar) nie, as jy krag het werk die toerusting maar dan het jy nie sein nie. 

8 water sonder krag dan krag sonder water
9 toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting

wat stel jy voor, hoe ruk ek dit reg?
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 11, 2012, 01:21:21 AM
PM, vir 'n ware kringloop gedig - waar ons eers van links na regs tot onder lees (tot by laaste woord) en dan vandaar van regs na links weer na bo lees (tot by jou eerste woord), sal die eindresultaat van jou pronkskepping so vertoon matertjie, jy moet nou net loer of die kopkrapsinne vir jou sinmaak so  :icon_scratch:

*was nuuskierig om te sien hoe dit gesentreerd gaan vertoon:

Ontberings

kort is vakansie
werk is lank
gewis pyn ons
monde loop leeg
ons kerm en murmureer onophoudelik
op en af      af en op      wipplank ons
weer koud dan eers warm
water sonder krag dan krag sonder water
toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting

***

toerusting sonder seine dan seine sonder toerusting
water sonder krag dan krag sonder water
warm eers dan koud weer
ons wipplank    op en af      af en op
onophoudelik murmeer en kerm ons
leeg loop monde
ons pyn gewis
lank is werk
vakansie is kort
©

ek lief jou gedig  :book1: :notworthy:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 11, 2012, 07:52:45 AM
Baie dankie Raaitjie, jy is 'n genius.   :love7:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 11, 2012, 12:39:10 PM
PM en Raaitjie is Circle Geniuses .. ek probeer nog ... ek wil ook 'n genius wees .. maar moet nog eers baie oefen ha ah

ek hou van PM se diggie en hoe Raaitjie dit reg getrek het van hoekie tot hoekie - pragtig!
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 11, 2012, 08:13:59 PM
Ag wat Willa, ek "try my luck" so nou en dan, maar Raatjie ruk my altyd in die bek!
Met Raaitjie hier rond weet ek dat ons altyd 'n kwaliteit produk, wat aan al die vereistes voldoen, op die tafel sal lê.  Dit is mos wat ons wil hê: hoë standaarde!
Daar is baie ouens wat saam wil skryf aan die boek, maar ongelukkig word almal nie gekeur nie. 
Ons wil nie sommer net "'n boek" uitgee nie.  Dit moet aan die vereistes voldoen. 
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 11, 2012, 08:37:59 PM
Natuurlik moet daar aan vereistes voldoen word ... en as ons nou uitval - beteken dit nie ons kan nie genoeg groei na boek 3 nie ... ons is mos hier om saam te leer, saam te groei, saam te kuier, saam te huil, saam te lag en saam te juig ... :bootyshake:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on May 11, 2012, 10:37:21 PM
Ek dink nie hier in ons geledere gaan iemand uitval nie.  Nee, ons werk hard daaraan om deel te wees van  boek twee. 
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 12, 2012, 02:55:03 AM
Lief lief lief julle passie en woorde. Wonderlike voorreg om soms te kan help om die woordosse in die regte volgorde in te span  :love7: :notworthy: :icon_salut: :book1:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 12, 2012, 07:49:00 PM
En wat 'n voorreg om deur meesters gehelp te word, wat ook eens deur ander meesters geslyp is ... eendag as ek mooi groot gegroei het, sal ek ook 'n rowe diamant help slyp - wie weet .. dalk die  volgende generasie Langenhoven ... want in hierdie generasie had ons vir Naas
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 12, 2012, 11:19:28 PM
Dierbare Willa - ons is almal rowwe diamante wat in die woordsakkie knus teenmekaar skuur en skaaf - eendag as iemand die sakkie uitskud gaan ons  ABC liggies die hele omgewing verblind  :love7: :book1:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 13, 2012, 12:34:11 PM
Maar 'n feit Meraai is dat van die diamte in ons sakkie al beter gesluip is as ander van ons en wat te voorreg om saam met julle in 'n sakkie gegooi te wees om saam te slyp ...  :icon_study:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on May 14, 2012, 03:47:03 AM
Ek sluip gou weer terug ... beslis is ander al meer geslyp mater, maar soms skuil bekoring juis in die aardsheid van ons ongeslypte, ruwe klippies  :love7:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ah Willa on May 14, 2012, 06:08:33 AM
 :wav:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Meraai vannie Baai on September 29, 2016, 05:21:02 AM
Ek mis ons saamspeel in die woord-sandput  :love7: :crybaby2:
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: Ans Botha on September 29, 2016, 08:42:44 AM
Ontberings Mooi gedig ek hou daarvan.
Title: Re: Mirror Loop Gedigstruktuur (Paul McCann)
Post by: PM on October 17, 2018, 11:07:15 AM
Loer ek oor 'n gas se skouer en kom op hierdie kosbare kosbare bydraes af.  Ek kry 'n warm gevoel in my hart vir Willatjie.  Sy is beslis een van ons diamandjies.   :love7: